Die statistikus-generaal, mnr. Alex Shimuafeni, se vorige plan om 12 000 tabletrekenaars by Kenia te leen was ook nie genoeg om hierdie jaar se sensus te red nie. Foto Augetto Graig
Die statistikus-generaal, mnr. Alex Shimuafeni, se vorige plan om 12 000 tabletrekenaars by Kenia te leen was ook nie genoeg om hierdie jaar se sensus te red nie. Foto Augetto Graig

PAS IN: Nasionale sensus uitgestel

Die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) het aangekondig dat die reusetaak om die land se hele bevolking te tel en ook statistieke oor behuising in te samel, opnuut uitgestel is.

Die bestemde 2021-sensus is tot vanjaar uitgestel en is nou weer onbepaald op ys. Dit moet elke tien jaar gedoen word.

Die beplanning om die sensus in Augustus vanjaar uit te voer, is opgeskort nadat die nasionale begroting vir die 2022/2023-boekjaar, wat verlede week ter tafel gelê is, nie vir die multimiljoendollarprojek voorsiening gemaak het nie. “Die NSA sal die media inlig (oor die nuwe teikendatum) sodra die inligting beskikbaar gestel word vanaf die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), waardeur NSA gefinansier word,” lui die nuusvrystelling deur die statistikus-generaal, mnr. Alex Shimuafeni.

Volgens dr. Omu Kakujaha-Matundu, senior dosent van ekonomie by die Universiteit van Namibië, is die sensus ’n baie belangrike hulpmiddel vir beplanning deur die regering, asook plaaslike en buitelandse beleggers. “Die uitstel sal ernstige implikasies vir beplanning inhou. Ek dink egter daar is ander dringende kwessies behalwe die sensus. As daar nie geld is nie, is daar nie geld nie.

“Ek reken die NSA kan steeds ander statistiek vir sy beplanning gebruik. Nog ’n nagevolg is dat die geld wat op die sensus bestee sou word ook die ekonomie ’n goeie hupstoot sou gee, deur aanvraag op te stoot. Werklose jeug wat vir dié geleentheid gewag het, sal nou daarsonder moet klaarkom,” sê hy.

Dalk kon die sensus met ’n kleiner begroting gedoen geword het, sê hy. “Soms begroot ons te veel. Ons moet leer om binne ons beperkings te lewe. Doen meer met minder.”

Christie Keulder, politieke wetenskaplike en samesteller van die Afrobarometer in Namibië, sê: “Ek dink hulle kan nie anders nie. ’n Mens sou dink hulle sou juis nou inligting nodig hê. Hoe beplan jy as jy nie vars data het nie?

“Gaan hulle volgende jaar geld hê? As mens kyk na die begroting dink ek ons kan dalk nóg ’n jaar of wat langer wag.”

olgens die jongste begroting het die NSA bykans N$94,5 miljoen vir 2022-‘23 gekry. Dit is sowat N$2 miljoen minder as wat Shiimi in verlede jaar se hoofbegroting vir dié tydperk beplan het.

Vanaf ’n aanvanklike begroting van N$950 miljoen was die verwagte koste van die sensus tot N$606 miljoen afgebring, het Shimuafeni vroër die jaar gesê. Die regering sou toe net N$500 miljoen vrygestel het, terwyl by ’n geldinsameling aan die begin van verlede jaar beloftes vir nog N$40 miljoen ontvang is. Die NSA het tnog oplossings vir ‘n tekort van 18% gesoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!