#PasIn: Pres. Hage Geingob sterf
Namibië se derde president, dr. Hage Geingob (82), is vanoggend net ná middernag omstreek 00:04 in die Lady Pohamba-privaathospitaal in Windhoek oorlede.
Sy vrou Monica Geingos en sy kinders was aan sy sy.
Die Namibiese nasie het ‘n uitnemende dienaar van mense, vryheidstrydikoon, die hoofargitek van die land se grondwet en die pilaar van die Namibiese Huis verloor, het die waarnemende president van Namibië, Nangolo Mbumba, gesê.
Mbumba het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om kalm te bly onderwyl die regering al die nodige reëlings tref en protokolle in plek kry.
Die regering sal Namibiërs op hoogte hou, het Mbumba gesê.
Geingob het verlede maand bekend gemaak dat hy met kanker gediagnoseer is en en dat hy na Amerika vir behandeling sou reis.
Hy het vroeër vandeesweek uit Amerika teruggekeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie