#PASIN: VSA se Eerste Dame besoek Namibië

Jo-Maré Duddy
Dr. Jill Biden, die vrou van pres. Joe Biden van Amerika, kom môre in die land aan en sal deur Namibië se Eerste Dame Monica Geingos verwelkom word.

Tydens haar besoek sal sy ook ‘n welwillenheidsbesoek aan pres. Hage Geingob bring en ander hooggeplaaste amptenare ontmoet.

Dr. Biden gaan ook na Kenia reis en vertrek Sondag uit Afrika.

Die doel van haar besoek is om die VSA se vennootskappe met Afrika te versterk en hul gedeelde prioriteite vir Afrika te bevorder, het die Amerikaanse ambassade vanmiddag in Windhoek gesê.

Tydens haar besoek gaan sy fokus op die bemagtiging van vroue en die jeug, pogings om voedselsekuriteit te takel, asook om gemeenskaplike demokratiese waardes te bevorder.

Dr. Biden se besoek volg op die VSA/Afrika-leiersberaad laat verlede jaar.

Dit is haar sesde besoek aan Afrika: Die eerste aan Namibië en die derde aan Kenia.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!