PG weier om !Naruseb te vervolg

Voormalige grondminister hou vol hy is onskuldig
Die werk van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) oor die toekenning van 'n hervestigingsplaas aan die seun van wyle Hanse-Himarwa, het op niks uitgeloop.
Jemima Beukes
Die aanklaer-generaal Martha Imalwa, het die dood van die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, Katrina Hanse-Himarwa, as die rede aangevoer om nie die voormalige minister van van grond en hervestiging,

Alpheus !Naruseb, te vervolg nie. Sy moontlike vervolging het verband gehou met sy vermeende rol in die verkryging van 'n hervestigingsplaas deur 'n seun van die ontslape minister.

Dit volgens ‘n brief gedateer 22 Augustus wat aan die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommisie (ACC) Paulus Noa gerig is.

Die ACC het !Naruseb ondersoek onder wie se bewind as minister van grond Hanse-Himarwa se seun Denzil ‘n hervestigingsplaas by Uhlenhorst in die Hardapstreek gekry het.

ACC dokumente

Die ACC-lêer oor die aangeleentheid dui aan dat aansoeke om hervestiging deur die amptenare van die Hardap-grondhervormingsministerie ontvang is.

“Aansoeke is in die rekenaar ingevoer en punte toegeken soos dit inkom om te verhoed dat dit ophoop. Ná die sperdatum is die puntetelling van aansoeke gefinaliseer. Die datum vir die vergadering van die hervestigingskomitee in Hardap is vir 24 November 2014 vasgestel om aansoeke by die Advieskommissie vir Grondhervorming (LRAC) taan te beveel,” lui dokumente wat deur Netwerk Media Hub (NMH) gesien is.

“Voor die vergadering van 24 November, toe amptenare van die ministerie die aansoeke vir hervestiging beoordeel het, is mev. Elizabeth Mhlubi deur mnr. Carl Christians (persoonlike assistent van goewerneur Hanse-Himarwa) meegedeel dat sy deur die aansoek van Denzil Hanse moet gaan, aangesien goewerneur Hanse wil hê dat plaas Werda aan haar seun toegeken moet word.

Sy (Elizabeth Mhlubi) het 12 punte aan die aansoek toegeken en Christians ingelig dat Denzil Hanse weens ‘n lae telling nie aanbeveel word nie,” aldus die ACC-dokumente.

Volgens Christians was dit egter nie ‘n probleem nie “aangesien hulle reeds met me. Mokgatle Aukhumes, die kommissaris van die Advieskommissie vir Grondhervorming, gepraat het en wat ook die voorsitter van die Hardap Grondhervestigingskomitee was”.

Die ACC-dokumente lui voorts “sy weet nie wie het Denzil Hanse 19 punte gegee nie. Die aansoeke en die puntekaart is op 24 November aan die komitee vir verifiëring en vir aanbeveling aan die Advieskommissie vir Grondhervorming voorgelê.”

Punte gelys

Die ACC-verslag meld dat ook dat 'n sekere Susanna Motinga ook 19 punte gekry het, maar sy is egter nie vir hervestiging aanbeveel nie. “Daar was ook ander jeugdiges, byvoorbeeld Kahuika Benetikus, wat 25 punte gekry het, maar nie aanbeveel is nie,” sê die verslag.

Die hervestigingskomitee se aanbevelings is na die advieskommissie gestuur vir evaluering en om aanbevelings aan !Naruseb as minister te maak.

“Die advieskommissie het by ontvangs van die aanbeveling van die hervestigingskomitee, nie Denzil Hanse vir enige boerdery-eenheid aanbeveel nie.”

Die advieskommissie vir grondhervorming se aanbeveling aan !Naruseb was om bewus te wees van die 30/70-beleid, wat bepaal dat vir elke boerdery-eenheid wat in 'n gegewe streek geadverteer word, ten minste een van hulle oorweeg moet word vir toekenning aan 'n kandidaat uit daardie streek.

'Laagste punte'

As sodanig het die advieskommissie aanbeveel dat Eenheid A van plaas Uhlenhorst toegeken word aan 'n Karumune Rukoro, wat 26 punte behaal het, terwyl Eenheid B van die plaas aan Abel Kazondunge toegeken moet word. Laasgenoemde is gevra om 'n eenheid op die plaas Otjisazu te ontruim om die weg te baan vir 47 gesinne wat in die Hochfeld-omgewing van ‘n plaas afgesit is.

“Daardie aanbevelings is aan [minister !Naruseb] gemaak. Die minister het nie die aanbeveling van die advieskommissie en ook nie die hervestigingskriteria gevolg nie. Hy het Denzil Hanse aanbeveel vir Eenheid A op plaas Uhlenhorst waarvoor hy nie aansoek gedoen het nie. Hy het aansoek gedoen het vir plaas Werda en vir Eenheid B op die plaas Uhlenhorst aansoek gedoen en hy het die laagste punte behaal,” lui die ACC-verslag.

“Die minister is vrae gegee om in hierdie verband te beantwoord,” het die ACC gesê.

“Volgens die toekenningsbrief van Denzil Hanse, het dit genoem 'dit is my plesier om u mee te deel dat die minister, op aanbeveling van die advieskommissie, u aansoek goedgekeur het', terwyl die advieskommissie hom nie aanbeveel het nie, maar die hervestigingkomitee dit wel gedoen het.”

“Agbare Hanse-Himarwa is ook na die ACC-kantoor ontbied vir 'n onderhoud, en vrae is gestel vir haar om te beantwoord, maar sy het nie terugvoer gegee nie,” het die ACC bygevoeg.

'Weier om te vervolg'

Noa het bevestig dat hy Imalwa se brief ontvang het wat aandui dat weens Hanse-Himarwa se dood in Julie vanjaar, nie diegene gaan vervolg wat by die saak betrokke is nie.

“Jy weet, daar was 'n bietjie vertraging. Daar was 'n tyd dat sy siek was en daar is sekere oorwegings gemaak. Ons het die dossier aan die PG gestuur vir beslissing, maar ná die afsterwe van Hanse-Himarwa het die PG besluit om nie te vervolg nie. Sy het besluit dat bewyse nie voldoende sou wees om ander te betrek nie,” het hy aan Netwerk Media Hub (NMH) gesê.

Imalwa se brief van 22 Augustus lui: “Ek het die beëdigde verklarings en dokumentêre bewyse wat in die dossier vervat is, deurgelees. In die afwesigheid van eerwaarde Katrina Himarwa, weier ek om in die geval van die staat op grond van die beskikbare bewyse te vervolg.”

Geen reaksie

’n Ontstoke !Naruseb het op navraag gesê: “niks hang oor my kop nie, jy beter jou huiswerk doen. Die saak is afgehandel. Ek gaan nie jou oproep vermaak nie, totsiens.”

In 2018 het wyle president Hage Geingob !Naruseb, toe minister van werke en vervoer aangewys as minister van landbou, water en bosbou gemaak.

Ná die 2019-verkiesing is !Naruseb nie weer in die kabinet aangestel nie. Maar die 70-jarige voormalige vakbondlid is gereed om in 2025 na die parlement terug te keer, nadat hy deur Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, benoem is as een van haar tien genomineerdes vir die parlement by die onlangse kieskollege van die party.

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A