Plaaslike owerhede slaan nie ag op ouditvoorstelle
‘Fermer, tydige optrede deur sentrale regering nodig’
Die ouditeur-generaal het in die verlede 'n aantal kommerwekkende ouditbevindinge gemaak.
Die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) sê plaaslike owerhede se volgehoue minagting om nie ouditbevindinge te implementeer nie, is die rede waarom talle op ’n jaarlikse basis ’n gekwalifiseerde ouditverslag kry.
Die ouditeur-generaal het in die verlede ’n aantal kommerwekkende bevindinge gemaak. Dit sluit in dat hy nie voldoende inligting het om ’n ouditverslag vir die Gobabis-munisipaliteit vir 2019 te kon uitreik nie, terwyl beide die Okahandja- en Keetmanshoop-munisipaliteite negatiewe ouditmenings vir die 2016-’17-finansiële jaar gekry het.
Laasgenoemde was omdat die betrokke munisipaliteite nie finansiële state kon voorsien wat ’n ware weerspieëling van hul finansiële status is nie.
Daarmee saam het die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge die Rundu-dorpsraad uitgesonder as die swakste plaaslike owerheid in terme van bestuur vir sy onvermoë om nie rekenskap van N$134 miljoen te kon gee nie.
Die vraag is aan die ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, gestel wat gedoen moet word om plaaslike owerhede voor stok te kry wat gekwalifiseerde ouditverslae kry en of dit nie tyd is dat sy kantoor bemagtig word om plaaslike owerhede verantwoordbaar te hou nie.
Volgens Kandjeke sal die gehalte van ouditverslae verbeter as plaaslike owerhede ag slaan op die voorstelle wat aan hulle gemaak word. Hy het egter erken plaaslike owerhede dikwels deur beperkings op professionele kapasiteit gekniehalter word.
“Daar is ’n paar dinge wat veroorsaak dat hul verslae nie verbeter nie. Wanneer ons ’n verslag uitreik, reik ons ’n mening uit. Plaaslike owerhede werk nie aan die kwessies wat geïdentifiseer is nie. Soms is daar ’n gebrek aan kapasiteit by plaaslike owerhede; mense beskik nie oor al die vaardighede om met finansiële state te werk nie,” het hy gesê.
Kandjeke het ’n beroep op tegnokrate in plaaslike owerhede gedoen om trots in hul werk te vind en bewus te bly van die feit dat hulle met die publiek se geld werk.
“Dit is vir jou om te verstaan dat ek openbare geld bestuur. As die OG mag gegee word, sal dit goed wees. Ons moenie werk omdat ons bang is nie. Ons moet gelukkig wees om te dien, want dit is die regte ding om te doen,” het Kandjeke gesê.
Die voormalige adjunkminister van streek- en plaaslike regering en behuising, prof. Gerhard Tötemeyer, sê daar is ’n behoefte vir fermer ingrypings by plaaslike owerhede met powere finansiële state.
Volgens hom is fermer en tydige optrede deur die sentrale regering nodig om streekrade te bemagtig. Laasgenoemde sal sodoende ’n reg tot ingryping hê wanneer plaaslike owerhede nie funksioneel bestuur word en hul finansiële verantwoordelikhede voldoende nakom nie.
Tötemeyer is ook van mening dit is belangrik om aan streekregerings die reg toe te ken om plaaslike owerhede oor die algemeen te lei en te ondersteun, maar veral in die uitvoer van hul finansiële verpligtinge.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie