Die uitvoerende hoof van die GIPF, mnr. David Nuyoma. Foto Argief
Die uitvoerende hoof van die GIPF, mnr. David Nuyoma. Foto Argief

Politici glo skuldig aan pensioenverkwisting

Uitbetalings binne 18 maande uitgeput
Die GIPF se beplande wysigings om 75% van pensioenuitbetalings terug te hou indien begunstigdes voor die ouderdom van 55 bedank, aftree of afgedank word, sal na verwagting op 1 Oktober in werking tree.
Ogone Tlhage
Die regering se pensioenfonds (GIPF) het vandeesweek voor die parlementêre staande komitee oor ekonomie en openbare administrasie verskyn.

Die komitee wou weet oor die GIPF se beplande verandering om dit verpligtend te maak vir pensioenfondse om 75% van die kapitaal wat belê is, te hou terwyl slegs 25% by aftrede, bedankings of afleggings voor die ouderdom van 55 aan begunstigdes uitbetaal word.

Die fonds het gesê hy sal voortgaan met konsultasies met sy lede voordat hy hom oor die voorgestelde regulasies uitspreek.

Die uitvoerende hoof van die GIPF, mnr. David Nuyoma, het gesê hoewel dit ongewild is, moet die omstrede wysigings nie verwerp word nie, want dit sal help om kapitaal vir werknemers se oudag te bewaar.

Die neiging dat werknemers hul pensioen voor aftree-ouderdom uitput, is een van die vele faktore wat aanleiding gegee het tot die Wet op Finansiële Instellings en Markte (Fima) wat die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) teen die publiek ingestel het.

Volgens GIPF neem dit gemiddeld 18 maande vir lede om hul pensioenfonds uit te put.

POLITICI

GIPF verwys ook na politici as deel van die skuldiges wanneer dit by die verkwisting van pensioengeld kom.

Nuyoma, het gesê die koers waarteen pensioenuitbetalings uitgeput word, raak selfs openbare ampsdraers wat voorheen in die parlement gedien het.

“Ek het al parlementslede, voormalige parlementslede sien loop, taxi's neem. . . Selfs twee weke gelede het ek gesien hoe een [politikus] ons gebou nader [met navraag oor sy uitgeputte pensioen] aangesien dié lid nie meer die voordeel van 'n pensioen of 'n vaste inkomste het nie, daarom die kwessie van bewaring,” het Nuyoma gesê.

Die fonds het voorts kommer uitgespreek oor die neiging dat pensioenuitbetalings "teen 'n kommerwekkende tempo" uitgeput word.

“In sommige gevalle het ons miljoene dollar aan 'n enkele lid uitbetaal. Glo my, dit lyk na klomp geld en daardie nulle is baie indrukwekkend; maar so vinnig as wat dit inkom, so vinnig gaan dit uit,” het Nuyoma gewaarsku.

“Sommige lede verkies om te bedank voordat hulle kan aftree en uitbetaling kan kry, ongeag die swaar belastinglas of boetes wat daarmee gepaard gaan. Ons sien dit keer op keer en die geld hou slegs ’n gemiddeld van sowat 18 maande.”

Namfisa het intussen gesê die beplande wysigings sal eers op 1 Oktober in werking tree, hangende verdere openbare konsultasie.

Tans het werknemers die opsie om óf kontant (netto belasting) te ontvang, hul fondse belastingvry in 'n bewaringsfonds te bewaar, óf fondse belastingvry na hul nuwe werkgewer se aftreefonds oor te dra. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!