CHAMPION OF THE PRESS: The Presidency has denied any involvement in the suspension of New Era editor, Jonathan Beukes.
CHAMPION OF THE PRESS: The Presidency has denied any involvement in the suspension of New Era editor, Jonathan Beukes.

Presidensie distansieer hom van New Era-sage

Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Die presidentskantoor het hom van die skorsing van die New Era Publication Corporation (NEPC) se besturende redakteur, Johnathan Beukes, gedistansieer en gesê hy het nie die besluit beïnvloed nie en was ook nie bewus daarvan dat die skorsing in werking gestel sou word nie.

Alfredo Hengari, die presidensiële woordvoerder, het met ons susterkoerant Namibian Sun gepraat en gesê president Hage Geingob is daartoe verbind om die vryheid van die media as die staatshoof en ’n voormalige vryheidsvegter te handhaaf.

Beukes is geskors oor ’n reeks hoofartikels wat hy geskryf het, veral een wat die aanstelling bevraagteken van die Zimbabwies-gebore Moses Chinhengo as die voorsittende regter in die Fishrot-verhoor, wat glo gelei het tot ontevredenheid in hoër regeringsvlakke.

“Niemand moet sulke aannames maak nie, want dit is nie waar nie. President Geingob respekteer die oppergesag van die reg, is ’n kampvegter van grondwetlikheid en die aanstelling van regters, hulle kom op aanbeveling van die Regterlike Dienskommissie (JSC),” het Hengari gesê.

“Die president teken en die aanstelling word gemaak. Ons ken almal vir president Geingob as ’n kampvegter vir deursigtigheid, hy kommunikeer openlik,” het hy bygevoeg.

Die regte van mediapraktisyns het beskerm gebly deur Geingob se ampstermyn, het Hengari volgehou.

“Hy is heeltemal verbind tot persvryheid. Die president sal beklemtoon solank hy president is, sal geen joernalis gearresteer word nie en geen joernalis sal gedreig word nie. Ons mag dalk verskille hê, maar ons sal nooit dreig nie, ons sal nie ’n joernalis vra om dít of dat nie te skryf nie,” het hy gesê.

“Ek kan jou verseker, ons dra nie kennis nie, en ons het nie die agtergrond nie,” het hy voortgegaan.

Jemima Beukes, die waarnemende sekretaris-generaal van die vakbond vir Namibiese professionele mediapraktisyns (Nampu) het die skorsing veroordeel en gesê die regte van mediapraktisyns behoort beskerm te word.

“Ons eis dat mediapraktisyns se regte om vrylik en onafhanklik verslag te doen, gerespekteer en beskerm word. Verder doen ons ’n beroep op die regering en alle belanghebbendes om die onafhanklikheid van die media te beskerm en die kritieke rol wat joernaliste in ons samelewing speel, te respekteer,” het sy gesê.

Verlede week het politieke partye, insluitend die Landless People's Movement (LPM) en die Affirmative Repositioning (AR)-beweging Chinhengo se aanstelling as regter bevraagteken, veral weens die faktor wat hulle die geheimsinnige aard van die aanstelling van regters in Namibië genoem het – ’n proses waarin deursigtigheid byna glo nie bestaan nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!