PLACED ON SUSPENSION: Suspended Namibia Industrialisation Development Agency CEO, Mihe Goamab II.
PLACED ON SUSPENSION: Suspended Namibia Industrialisation Development Agency CEO, Mihe Goamab II.

Redes vir Nida-hoof se skorsing bekend

Het nie beïndruk tydens sy proeftydperk nie
Die hoofrede vir die direksie se misnoeë is Gaomab se beweerde versuim om 'n geïntegreerde sakeplan te ontwikkel en te verseker dat dit gereed is vir goedkeuring.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Die uitvoerende hoof van die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), Mihe Gaomab II, is verlede week geskors met die doel om die dissiplinêre proses teen hom te versnel.

Hy hou glo tot dusver vordering in dié proses op.

“Hy het vordering in die ondersoek na sy prestasie opgehou” het 'n senior beampte wat met die saak vertroud is, gesê.

Sebby Kankondi, Nida se direksievoorsitter, het die aankondiging verlede week gemaak in ‘n memorandum wat aan die agentskap se personeellede uitgestuur is.

“Die direksie bevestig hiermee die skorsing van die uitvoerende hoof met onmiddellike effek, hangende die afhandeling van 'n interne proses,” lui die memorandum.

BLY KALM

“Die direksie vra vir kalmte en fokus, selfs gedurende hierdie tyd. Beide die bestuur en personeel kan verseker wees dat die agentskap prosedureel en billik sal bly in alle skakeling met die uitvoerende hoof oor hierdie aangeleentheid en die proses sal binne ’n redelike tyd afgehandel word,” het Kankondi geskryf.

Die direksie het ook die aanstelling van Phillip Namundjebo as die waarnemende hoof aangekondig.

Gaomab, voorheen die uitvoerende hoof van die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC), is in April 2021 as Nida se hoof aangestel. Teen Oktober 2022 was sy proeftydperk as hoof reeds vir ’n derde keer verleng nadat sy prestasie tydens die eerste twee nie na wense was nie.

Die eerste proeftydperk van ses maande het in Oktober 2021 geëindig, met die raad wat na bewering ontevrede was met sy prestasie.

Daar is toe tot nog twee proeftydperke ingestem.

"Daar is tot die tweede proeftydperk ingestem omdat die direksie gevoel het die uitvoerende hoof kon miskien weens Covid-19 se ontwrigting nie optimaal presteer nie. Op daardie gronde is dit verleng," het 'n raadslid destyds gesê.

TE MIN GEDOEN

Die hoofrede vir die direksie se misnoeë is Gaomab se beweerde versuim om 'n geïntegreerde sakeplan te ontwikkel en te verseker dat dit gereed is vir goedkeuring.

Hy het ook die taak gehad om 'n lening van N$100 miljoen te bekom, waarvoor die regering 'n waarborg moes verskaf.

Gaomab word ook daarvan beskuldig dat hy versuim het om bates en personeel van die Namibia Development Corporation (NDC) en Offshore Development Corporation (ODC) behoorlik aan Nida oor te dra.

NDC en ODC is by Nida geïnkorporeer nadat die kabinet dié samesmelting in 2015 goedgekeur het.

Wat sake vererger is die finansiële uitdagings wat Nida in die gesig staar, met ons susterkoerant Namibian Sun wat verlede jaar berig het die maatskappy skuld die mediese fonds Namibia Health Plan (NHP) ’n maand se bydraes van sowat N$700 000 wat vóór 7 September 2022 vereffen moes word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!