Regering koop (weer) nuwe voertuie
Viertrekvoertuie meestal misbruik
Bestaande staatsvoertuie is glo "meer in die werkswinkel as op die pad".
Jemima Beukes - Die regering gaan 30 Toyota Fortuners en twee Toyota Landcruisers (V8) vir amptelike gebruik deur staatsamptenare koop. Die Landcruisers is net vir gebruik deur die eerste minister, die Speaker van die Nasionale Vergadering, adjunk- eerste minister en oudpresidente. Die ministerie van werke het N$25 miljoen vir die aankope begroot.
Die besluit volg ná ’n moratorium wat op die aankoop van regeringsvoertuie geplaas is en omdat die bestaande staatsvoertuie volgens die minister van werke en vervoer John Mutorwa “meer in die werkswinkel as op die pad is”.
Volgens Mutorwa is sy ministerie gedwing om die kabinet te nader om geld beskikbaar te stel om die voertuie te koop omdat dat by van die staatsvoertuie ‘kaput’ is en die huidige vloot aangevul moet word.
“Ons het sedert 2019 ’n groot probleem met voertuie toe ons president besluit het om in ag genome van die ekonomie en die manier waarop voertuie gebruik word, nie nuwe voertuie vir staatsamptenare aan te koop nie. Die viertrekvoertuie word meestal deur sekere mense misbruik, daar is mense wat regtig hierdie voertuie misbruik,” het Mutorwa gesê.
Hy het dit duidelik gemaak dat die nuwe voertuie nie aan enige amptenare toegeken sal word nie, maar as deel van die staat se vloot vir die regering bestuur sal word om te verseker dit word verantwoordelik gebruik en onderhou.
In 2020 het president Hage Geingob ’n moratorium van vyf jaar as deel van die regering se besparingsmaatreëls ingestel wat die aankoop van nuwe voertuie vir ministers en ander staatsamptenare op ys geplaas het. Die besluit om voertuigaankope te stop, was in lyn met vroeë maatreëls wat in 2015 inisieer is toe die voormalige minister van finansies Calle Schlettwein opdrag gegee het dat geen regeringsvoertuie aangekoop gaan word nie. Regerings- en staatsamptenare loop gereeld onder kritiek deur oor die misbruik van die voertuie wat aan hulle toevertrou is. Dit sluit ’n voorval in waartydens die voormalige adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste Juliette Kavetuna sakke sement in haar Mercedes vervoer het wat deur die regering aan haar toegeken is.

Kommentaar
Stephanus Gerber
Ai mense, dis darem lekker om agter die stuur van so,'n nuwe vuurwa in te klim! Die stoele in die parlement en kabinet slaap nie lekker nie so gun hulle tog mar die plesiertjie! Tenk vol petrol en ons kan ry so ver en waar ons wil.