Regering worstel met droogtehulp
Net Namibiërs in landelike gebiede kry hulp
Te min geld om amper die helfte van die bevolking, wat honger ly, te kan voed.
Die regering se droogtehulp is daarop gemik om voedselhulp aan 341 855 huishoudings te verskaf, aangesien ongeveer 1,4 miljoen mense in Namibië as kwesbaar vir voedseltekort geklassifiseer word.
Dit volgens die kantoor van die eerste minister se hoofbeampte vir openbare betrekkinge, Rhingo Mutambo.
Die kantoor van die eerste minister het Donderdag ’n omvattende verklaring oor droogtehulp in Namibië vrygestel.
Mutambo sê dat droogtehulp slegs vir landelike gebiede geoormerk is, waar die droogte landboubedrywighede kniehalter.
Hy voer aan dat stedelike inwoners nie in aanmerking daarvoor kom nie, hoewel die kabinet glo onlangs goedkeuring gegee het om ook boere in niestedelike gebiede te help.
Stedelike inwoners kan om hulp by die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn aanklop om voordeel te trek uit een van die regering se ander welsynsingrypings, sê hy.
Enige plattelandse huishouding moet minder as N$3 200 per maand verdien, en geen ander bystand van die regering ontvang nie, om te kan registreer.
Droogtehulp sluit voedsel-, saad- en tuinbouhulp, vee-ondersteuning en watervoorsiening in.
Elke huishouding moet 20 kg mieliemeel, vier blikkies vis en een 750 ml kookolie per maand ontvang. Voorheen is slegs 12,5 kg mieliemeel per huishouding verskaf.
Die regering het N$600 miljoen begroot vir die voedselhulp, N$100 miljoen vir vee-ondersteuning, N$25 miljoen vir saad- en tuinbouhulp en N$100 miljoen vir watertoevoer.
Vanaf 1 Julie vanjaar tot 10 Junie volgende jaar raam die regering dat droogtehulp die land N$1,307 miljard sal kos. Die regering kan egter net N$825 miljoen bewillig, met ’n tekort van N$482 miljoen wat nog gefinansier moet word.
Die kos word deur staatsvragmotors, of gehuurde vragmotors, vanaf streekpakhuise na relevante kiesafdelings en verspreidingspunte vervoer.
Mutambo erken logistieke probleme, beplanningsprobleme en ’n tekort aan mannekrag word ondervind. Waar kos nie maandeliks afgelewer word nie, moet betrokke huishoudings alle uitstaande kos kry sodra die logistieke reëlings dit moontlik maak, sê hy.
Verder is die regering besig om die e-voucher-stelsel in werking te stel, waarmee begunstigdes 'n koopbewys kan gebruik om kos by ’n winkel te koop.
Mutambo sê die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het dié stelsel in Oktober verlede jaar in die Okatana-kiesafdeling in die Oshanastreek van stapel gestuur en die uitbreiding van die stelsel na ander streke duur steeds voort.
“Die stelsel sal die uitreiking van koopbewyse aan geïdentifiseerde begunstigdes moontlik maak, wat op hul beurt die goedgekeurde voedselitems onder die program maandeliks by plaaslike kleinhandelwinkels sal kan koop,” sê die woordvoerder.
Mutambo sê dit is moeilik om te bepaal hoeveel kos sleg word voor dit versprei kan word, maar dat “tot dusver is geen kommerwekkende verslae oor voedselbederf sedert die begin van die droogteprogram ontvang nie”.
Die prosedure en die betrokkenheid van gesondheidsinspekteurs het ten doel om bederfde kos in staatspakhuise te vermy, sê hy.
“Ja, daar was onvoorsiene geïsoleerde gevalle waar droogtehulpvoedsel gesteel is en wanbestuur. Waar sulke voorvalle voorkom, het die Namibiese wetstoepassers vinnig gereageer en skuldiges sal aangekeer word of dienooreenkomstig hanteer word volgens aanklagte wat gelê word,” sê hy.
Die oesbepaling en die kwesbaarheidsontleding sal bepaal of die droogtehulpprogram ná volgende Junie voortgesit sal word, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie