Regstelling
In ’n artikel wat gister op die voorblad van Republikein verskyn het met die opskrif “Tot in my wese tot Namibië verbind” word die minister van justisie, Yvonne Dausab, aangehaal asof sy in ’n plasing op sosiale media onder meer gesê het sy is “’n patriotiese kind van die Namibiese nasie wat tot die diepste wese verbind is tot die land se welstand”.
Die fokus van die berig was die onvoorwaardelike ondersteuning wat Dausab uit onder meer die geledere van die ouddiplomaat Bience Gawanas, die adjunk-direkteur vir inligting en navorsing in die ministerie vir internasionale betrekkinge en samewerking, Marbeline Goagoses sowel as die gesoute mediapersoonlikheid Norah Appolus kry.
Bogenoemde en verdere aanhalings wat aan Dauseb toegedig is, was egter dié van Appolus wat sy op háár sosiale media tot eer en in solidariteit met Dausab geplaas het en nié die woorde of uitlatings van die minister self nie.
Waar die fokus van die artikel juis die minister in ’n positiewe lig wou plaas en ondersteuning vir haar wou uitlig, het dit egter vir haar groot verleentheid veroorsaak omdat sy verkies om nie verder in die kollig geplaas te word nie en dit nie haar aanhalings is nie.
Republikein vra hiermee onvoorwaardelik om verskoning vir enige ongerief en verleentheid wat die artikel op beide persoonlike en professionele vlak vir minister Dausab veroorsaak het. – Nuusredakteur

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie