GOVERNOR: The governor of the Oshana region Elia Irimari. Photo file
GOVERNOR: The governor of the Oshana region Elia Irimari. Photo file

Saamtrekke wek kommer oor veiligheid

Respekvolle atmosfeer moet geskep word
Veiligheidstandaarde vir enige saamtrekke is nodig om chaos te vermy
Henriette Lamprecht
Nikanor Nangolo – Met Namibiërs wat die afgelope week tydens verskeie byeenkomste hul laaste eerbetoon aan wyle president Hage Geingob toon, het die goewerneur van Oshana Elia Irimari ernstige kommer uitgespreek oor die organisering van massabyeenkomste om hulde te betoon.

Irimari het Woensdag opdrag aan Ondangwa, Ongwediva en Oshakati gegee om alle beplande geleenthede ter ere van Geingob op ys te plaas. Dit volg op protokol vir die staatsbegrafnis wat deur die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie vrygestel is. Irimari het ook ’n dringende vergadering met verwante rolspelers versoek om eers die kwessie te bespreek. Hy het gemaan teen die potensiële risiko van geleenthede wat swak bestuur is en beklemtoon noukeurige beplanning en die volg van staatstandaarde is nodig om chaos te voorkom en ’n respekvolle atmosfeer te skep.

“Die sentrale regering het op nasionale vlak die pad vorentoe oor ’n reeks aangeleenthede duidelik gemaak. Daarom moet ons as ’n streek kyk na die veiligheidsaspek veral wanneer dit by groot samekomste kom, omdat niemand weet wat kan gebeur nie.

Ons moet tegnies bewus wees van enigiets wat tydens hierdie samekomste kan gebeur. Ons moet ook verseker dat ons as ’n streek alles binne die parameter van koördinering doen,” het hy gesê.

Irimari het beklemtoon by enige groot samekomste moet daar veiligheidstoerusting wees.

“Dit is omdat ons nooit weet wat gebeur wanneer mense in groot getalle vergader nie. Ons moet verseker dat kontrole in terme van veiligheidsmaatreëls in plek is en voldoende koördineer word. Kleiner instellings en groepe kan egter met hul kerswake voortgaan, maar die oomblik wat dit op streeksvlak of by geleenthede kom wat deur dorpe gereël word, moet dit ordentlik beplan word.”

Hy het verwys na Ondangwa, Ongwediva en Oshakati wat al drie op dieselfde tyd kerswake vir Geingob wou hou.

“Kommer is deur veiligheidspersoneel uitgespreek wat daartoe gelei het dat dit opgeskort is.” In die toekoms gaan sulke geleenthede ordentlik beplan word, sê Irimari en tussen die dorpe bespreek en ’n finale besluit geneem word.

“Ek wil duidelik maak die herdenkingsgeleenthede gaan plaasvind. Ons wil net verseker niemand wys later vingers nie. Ons wil net soos ons wyle president seker maak alles is op streeksvlak in plek en weerspieël die beginsels en waardes wat hy waardeer het.”

Volgens Irimari moet verseker word dat die land se kollektiewe uitdrukking van hartseer nie in chaos verander of die geleentheid vir uitbuiting skep nie.

“Dit is ’n tyd van eenheid en onthou en die eer van die nalatenskap van ’n merkwaardige leier en ikoon." – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29605.12 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 709.95/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.33/lb DOWN -0.0009 | Zinc US$ 2 947.00/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 81.02/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 951.38/OZ UP +0.24% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29605.12 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 709.95/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.33/lb DOWN -0.0009 | Zinc US$ 2 947.00/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 81.02/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 951.38/OZ UP +0.24%