No Image Caption

Salarisse terug geëis

Kenya Kambowe
Staatsamptenare wat ’n setel in die parlement gewen het, maar nie uit hul poste bedank het nie, sal hul salarisse moet terugbetaal.

Dit aldus die kabinetsekretaris, George Simaata, wat in ’n brief gedateer 16 Januarie aan alle uitvoerende direkteure en hoofstreekbeamptes opdrag gegee het om te verseker dat die staatsamptenare wat geraak word aan die Wysigingswet op die Verkiesing van 2024 moet voldoen.

Die wet stipuleer dat staatsamptenare wat tot die parlement verkies word, reeds moet bedank vanaf die dag waarop die verkiesingsuitslae van die Nasionale Vergadering (NV) bekend gemaak word.

Die NV-verkiesingsuitslae is op 3 Desember 2024 aangekondig.

Network Media Hub (NMH) het egter onlangs onthul hoe sommige staatsamptenare – ten spyte daarvan dat hulle ’n setel in die NV het – steeds in hul onderskeie ministeries aanhou werk het.

“Daar word voorgestel dat alle oorbetalings wat tot dusver gemaak is, verhaal moet word deur aftrekkings van die personeellede se verlofdae of pensioen, soos toepaslik,” lui Simaata se brief.

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!