'Slegte' vennootskap kos CoW miljoene
Ondersoek sal nou volg
Yolanda Nel – Stad Windhoek se raadslede het verlede week die voortgesette openbare-private-vennootskap (PPP) tussen die munisipaliteit en Champac Investments vir die ontwikkeling en diens van erwe in Kleine Kuppe Uitbreiding 1 gestuit.
Tydens ’n raadsvergadering Donderdagaand het ongerymdhede rakende die ooreenkoms aan die lig gekom
Job Amupanda het onthul dat die projekspan ’n maatskappy wat nie bestaan nie, betaal het vir werk wat deur die munisipaliteit uitgevoer is.
Volgens hom het dié betaling altesaam N$392 000 beloop. Amupanda, die leier van die Affirmative Repositioning Movement, het gesê volgens aanvanklike dokumente het die munisipaliteit die projek gewaarborg sou iets verkeerd loop.
Hy het verder verduidelik dat die PPP gefinansier word deur Ariya Bridge, ’n private ekwiteitsfondsbestuurder, wat geld van die staat se pensioenfonds (GIPF) ontvang het.
Dié fondse is aangewend vir die ontwikkelingsprojek in Kleine Kuppe.
“’n Bedrag van N$14 miljoen is aan die vennootskap voorgeskiet,” het hy gesê.
“Ariya Bridge het ’n brief aan CoW gestuur, met die finale sperdatum om vandag [31 Augustus] ’n uitstaande N$10 miljoen te betaal nadat Champac nie die bepalings [van die ooreenkoms] nagekom het nie,” het hy gesê.
Intussen is bevind dat die munisipaliteit die herstel en verskuiwing van kragdienste namens die ontwikkelaar gedoen, en dat CoW ’n faktuur hiervoor verskaf het, het Amupanda gesê.
“Terwyl die munisipaliteit se ingenieurs die werk gedoen het – blyk dit uit die projekspan – het hulle ’n ander maatskappy wat nie bestaan nie, ’n bedrag van N$392 000 betaal vir dieselfde werk wat die munisipaliteit reeds gedoen het,” het hy gesê.
Volgens Amupanda het die vennote – op die inkomsterekening – vir hulself lenings uitbetaal. “Dit is hier waar die winsdeling veronderstel is om vandaan te kom,” het hy gesê.
Volgens dokumentasie van die dorpsraad, is daar op ’n 50:50-winsdeling besluit.
“Toe die inkomsterekening geopen is, is die ooreenkoms aangeheg en slegs een party kan fondse onttrek sonder die medewete van die finansiers of CoW,” het hy gesê.
Die tweede fase van die projek, wat wag om goedgekeur te word, is intussen teruggestuur na die bestuurskomitee vir ’n deeglike ondersoek. Die ontwikkelingsooreenkoms vir die eerste fase is op 15 Mei 2017 onderteken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie