SOE's presteer nie na wense, sê Shiimi
Beleidsraamwerk vir eienaarskap bekend gestel
'n Reeks raadplegende vergaderings word beplan om voldoende kennis oor die beleid te verskaf.
Ogone Tlhage - Die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, het die status van ondernemings in staatsbesit (SOE's) gekritiseer en gesê ’n aantal word nie na wense bestuur nie.
Hy het sy ontevredenheid uitgespreek tydens die bekendstelling van ’n beleidsraamwerk vir SOE-eienaarskap, wat sal poog om die regering se rol in die bestuur en besit van hierdie ondernemings behoorlik te definieer.
“Dis ’n feit dat die prestasie van ’n aantal van ons staatsondernemings nie na wense is nie, dienslewering ondoeltreffend is en dit ons nasionale mededingendheid negatief beïnvloed, terwyl dit ’n enorme dreinering op die fiskus is in ’n tyd wanneer die land ekonomiese probleme ondervind,” het Shiimi gesê.
Hy het ook die behoefte aan die optimale bestuur van SOE's uitgelig.
“Daar is ’n behoefte dat staatsondernemings doeltreffend moet wees. Beheer en eienaarskap van hierdie ondernemings moet tot die volle omvang binne die oppergesag van die reg en beleid gereguleer, gelei en geïmplementeer word,” het die minister gesê.
MAKSIMUM WAARDE
“Die uiteindelike doel van ondernemings in staatsbesit is om waarde vir die samelewing te maksimaliseer deur ’n doeltreffende toewysing van hulpbronne.
“Gevolglik bied die beleid aan die algemene staats- en private sektor ’n duidelike begrip van die staat se algehele doelwitte en prioriteite as ’n aandeelhouer in dié ondernemings.”
Volgens Shiimi sal die beleidsraamwerk onder meer poog om te verduidelik hoekom, wanneer en hoe die regering staatsondernemings moet besit, terwyl maatreëls uiteengesit word om gesonde finansiële bestuur en volhoubaarheid te verseker, en maatreëls om enige vorm van korrupsie en ander onreëlmatighede te beperk.
Laastens sal die beleid die rolle en verantwoordelikhede van die direksies en bestuur van SOE's uiteensit.
’n Reeks raadplegende vergaderings word nou beplan om voldoende kennis oor die beleid te verskaf.
“Ons sal inklusiewe konsulterende werkwinkels vir belanghebbendes oor ses streke hou, met die doel om die beleid te bespreek.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie