Somber gemoedere by parlementsopening
’n Gedempte atmosfeer het geheers tydens die eerste parlementsopening gister onder leiding van Namibië se vierde president, Nangolo Mbumba.
’n Minuut van stilte is gehou ter ere van wyle president Hage Geingob wat Sondagoggend in Windhoek gesterf het.
Mbumba het die negende sessie van die sewende parlement met ’n huldeblyk aan wyle Geingob geopen: “Ons land het ’n ikoon, ’n held, en ’n toegewyde leier verloor wat nie net bygedra het tot die bou van die moderne Namibiese nasie nie, maar sy voetspore in Namibië, die Afrika-vasteland en wêreldwyd op al die sfere van die mens gelaat het.”
Mbumba het gesê “as Namibiërs moet ons onsself optel en ons weer verbind aan die idees van eenheid en inklusiwiteit vir al die burgers in die Namibiese huis”.
Hy sê Geingob en die regering se tema vir 2024 is die “Jaar van Verwagtinge”. Die parlementêre tema vir hierdie jaar is “Verbeterde openbare betrokkenheid by die verwagtinge van die burgers”.
Dit is ook verkiesingsjaar waartydens Namibiërs in November vanjaar na die stembus sal gaan om nuwe presidensiële en parlementêre leiers te verkies.
“Daar sal van hierdie nuwe leiers verwag word om voort te gaan met die take van nasiebou, vrede, stabiliteit en demokrasie, met die doel om gedeelde welvaart te bereik,” het Mbumba gesê.
Hy het herhaal dat hy geen voorneme, begeerte of ambisie het om in Geingob se voetspore as president te volg nie.
“Ek beskou my rol as van ’n intermediêre aard om die ampstermyn van Geingob af te sluit en uiteindelik die oorgang na die volgende president te bestuur, wat die Namibiese mense in November sal verkies,” het Mbumba benadruk.
Hy het ’n beroep op parlementslede gedoen om te verseker dat die 13 wetsontwerpe wat vanjaar ter tafel gelê sal word, sonder versuim aanvaar word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie