SSC
SSC

Spogeiendom nou glo gesondheidsrisiko

In die mark vir N$105 miljoen
Die kommissie het meer as N$50 miljoen aan grondwerke bestee, voordat dit na bewering deur die vorige voorsitter Johannes !Gawaxab gestaak is.
Jemima Beukes
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) is in ’n verknorsing nadat hy prima eiendom in Windhoek se middestad vir N$42 miljoen gekoop het en nou sukkel om die grond vir N$105 miljoen te verkoop.

Volgens die aktedokumente het die kommissie die grond vir N$42 miljoen gekoop en het aanvanklik beplan om ’n nuwe hoofkantoor vir N$700 miljoen te bou. Dit sou ruimte vir besighede en ook residensiële behuising insluit, maar die konstruksie het nooit begin nie.

Die kommissie het meer as N$50 miljoen op grondwerke bestee voordat die voormalige voorsitter, Johannes !Gawaxab, na bewering die proses stopgesit het. Met net ’n reusegat langs die Hilton Hotel in die hoofstad is die kommissie desperaat om die grond te verkoop om hul uitgawes te dek.

Bieërs is egter net bereid om die markprys van N$42 miljoen te betaal, wat die kommissie van die hand gewys het.

Die SSC se uitvoerende direkteur, Milka Mungunda, sê hulle wil eenvoudig net die geld verhaal wat in die verbetering van die grond gestoot is.

“Daar is geen wins nie. Het jy gesien hoeveel werk ons gedoen het, dit was vir meer as N$50 miljoen. Ons maak nie eens ’n wins nie,” het Mungunda gesê.

Op ’n vraag waarom konstruksie gestop is, het sy geantwoord: “Ek weet nie, ek het na dit gekom. Teen die tyd wat ek hier gekom het, was dit gestop. Hoekom sal ek vra? Die plan was om te verkoop. Eemand was bereid om N$104 miljoen te betaal, maar daar was geen kontrak nie. Ons gaan dit weer adverteer.”

Volgens Mungunda is hulle nie bewus daarvan dat die stuk grond nou as ’n gesondheidsrisiko beskou word nie en het hul ingenieurs op bystand.

“Ons het vergaderings met Stad Windhoek, ons bespreek die grond op ’n voortgesette basis. Ons het selfs vergaderings met die naburige maatskappy gehad.

“Op die oomblik is daar mense wat belangstel en hulle het aanbiedinge gemaak. Ek kan dit nie aan hulle verkoop nie, want dit moet deur die verkrygingsproses gaan.”

Dokumente in besit van Network Media Hub wys dat die jongste bieër, Camelot Investment Group, gevra het vir ’n hersiening van die verkoopsvoorwaardes.

Camelot Investment Group het aan die kommissie gesê dat hul omsigtigheidsondersoeke kritieke inligting blootgelê het wat nie tydens die tenderproses openbaar gemaak is nie.

“Dit is bevestig dat Stad Windhoek nie die konstruksietydperk vir die ontwikkeling van die eiendom verleng het of gaan verleng nie.

“Die maatskappy sal ’n beduidende bedrag aan Stad Windhoek moet betaal as waarborg om die konstruksie te voltooi.

“Die maatskappy sal aanspreeklik gehou word om boetes aan die munisipaliteit op ’n maandelikse basis te betaal weens die feit dat die konstruksie nie soos per die toegekende verlengings aan die kommissie voltooi is nie,” het die maatskappy in ’n brief aan die SCC gesê.

Die maatskappy het ’n eerste betaling van N$4 miljoen en ’n plan van paaiemente oor 60 maande voorgestel. Die versoek is egter tydens ’n spesiale vergadering op 15 Mei vanjaar afgekeur.

Intussen wil Stad Windhoek en die voormalige eienaar, die United Africa Group (UAG), na bewering die grond terughê.

Die perseel het ’n gesondheidsrisiko geword weens reënwater wat in die gat versamel het en ’n risiko vir inwoners en besighede by Freedom Plaza inhou.

!Gawaxab het nie op vrae gereageer wat aan hom gestuur is nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!