Staat is skynheilig, sê Namas en Herero’s
Regering beskerm glo vir Duitsland
Tradisionele owerhede is ontevrede met die onderhandelinge oor die volksmoord van 1904-'08.
Die Nama- en Herero- tradisionele owerhede het Maandag ’n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle die Namibiese regering “van ’n skynheilige benadering tot volksmoord” beskuldig.
Dit volg ná die kantoor van president Hage Geingob Duitsland se steun aan Israel se saak in die Internasionale Geregshof (Wêreldhof) in Den Haag, Nederland, oor dié land se beweerde volksmoord in Gasa, veroordeel het.
Namibië ondersteun Suid-Afrika wat meen Israel het die Konvensie op Volkmoord van 1948 oortree en wil hê die hof moet tydelike maatreëls aankondig wat Israel onder meer verplig om sy aanvalle in Gasa te staak.
Volgens die plaaslike tradisionele owerhede verwerp hulle ook Israel se besetting van die Palestynse gebiede, wat die owerhede beskryf as ’n doelbewuste poging op moord en dat dit Palestyne se begeerte vir ’n land en nasionale identiteit belemmer.
“Palestina is die tuiste van Palestyne,” lui die onlangse verklaring.
Beide tradisionele owerhede sê hulle voorvaders is aan soortgelyke taktieke gedurende die Duitse besetting van Suidwes-Afrika blootgestel, wat later met onafhanklikwording Namibië geword het.
Die Namas en Herero’s is van hul grond ontneem om Duitsland se begeerte aan grond te bevredig, en hulle lewende hawe is ook afgevat, “net soos Sionistiese Israel gedryf word deur ’n begeerte om Palestyne uit die bestaan te dryf,” luidens die verklaring.
Nogtans beskuldig die tradisionele owerhede die Namibiese regering daarvan dat hulle hul eie pogings tot geregtigheid kniehalter.
“Dieselfde Namibië wat Israel en Duitsland nou veroordeel, het die Ovaherero- en Nama-mense ontken van betekenisvolle deelname in onderhandelinge oor volksmoord met Duitsland,” volgens die verklaring.
“Die Namibiese presidensie is besig met ’n raamwerk wat ons voorvaders, gedurende die tyd wat hulle wreed vermoor was, as barbare beskou,” voeg die tradisionele owerhede by.
Die owerhede sê sewe spesiale rapporteurs van die Verenigde Nasies (VN) het verklaar dat die Duitse en Namibiese regerings die einste VN-konvensie, wat tans voor die Wêreldhof dien, oortree.
“Dieselfde Namibiese regering wat nou Israel en Duitsland veroordeel, maak die Nama- en Ovaherero-mense stil. Dit is skynheiligheid op sy hoogste vlak.”
Die tradisionele owerhede sê Duitsland het nog nie die 1904-volksmoord erken nie en dat die Namibiese regering weier om Duitsland voor die Wêreldhof te bring.
Dit is vir die Namas en Ovaherero’s moeilik om te verstaan hoe die Namibiese regering vir Duitsland teen sy eie burgers kan beskerm, skryf hulle.
Verder sê hulle met Duitsland se ondersteuning aan Namibië se groenwaterstof-ontwikkeling word daar terug na koloniale tye gekeer, met grond in Afrika wat in Duitsland se industriële energiebehoeftes moet voorsien.
Vrae wat aan die president se kantoor gestuur is, bly onbeantwoord met Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, wat gesê het: “Ons neem nie opvolgvrae oor die verklaring nie,” met verwysing na die president se verwerping van Duitsland se bydrae by die Wêreldhof.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie