CHANGE OF PLANS: The now turned horticulture project for veterans.
CHANGE OF PLANS: The now turned horticulture project for veterans.

Staat laat vaar planne vir rehabilitasiesentrum

Produkte sal verkoop word vir veteranefonds
'n Besluit is geneem om dit in 'n landbouprojek te omskep, gegewe die nabygeleë ligging aan die Etaka-dam.
Kenya Kambowe
Die regering het sy planne laat vaar om ’n rehabilitasiesentrum vir oorlogveterane by Epalela in die Omusatistreek te bou.

Die rede is dat dit nie meer lewensvatbaar is nie aangesien veterane “ouer word” en fisiek swak raak. Die grond vir die voorgestelde sentrum is tydens die 2014-’15-finansiële jaar omhein, nadat die Omusati-streekraad dit aan die ministerie van verdediging en veteranesake geskenk het. Nadat die konstruksie van die sentrum vir die afgelope tien jaar op ys geplaas is, het die regering nou besluit om die grond eerder vir ’n tuinbouprojek te gebruik.

“Aanvanklik is besluit om die geriewe te vestig om ontspannings- en rehabilitasiedienste aan veterane van die vryheidstryd te voorsien. Die ministerie het egter besef die veterane raak ouer, hulle raak siek en fisiek swak.

“Die voorgestelde vorige omvang van ingrypings sou nie tot voordeel van die veterane wees nie,” sê die ministerie.

“’n Besluit is gevolglik geneem om dit in ’n landbouprojek te omskep, gegewe die nabygeleë ligging aan die Etaka-dam. Onder die huidige besluit sal die produkte verkoop word om die veteranefonds te ondersteun wat gestig is om programme en projekte tot voordeel van veterane te finansier.

“Tydens die 2023-’24-finansiële jaar is die besproeiingstelsel geïnstalleer en 144 vrugtebome geplant. Die projek is in sy kinderskoene, maar gaan voort en die vooruitsigte is baie positief.”

In 2014 is N$66 miljoen begroot vir ontspanning en die rehabilitasiegeriewe. Die projek, wat in die 2014-’15-boekjaar afgeskop het, het ten doel gehad om geregistreerde veterane van die vryheidstryd toegang tot ontspanningsaktiwiteite, palliatiewe sorg, sowel as psigo-maatskaplike en fisioterapiedienste te bied.

’n Jaar later is ’n wagkamer en twee chalets gebou. Sedertien het geen konstruksie verder plaasgevind nie.

In 2018 is berig die grond het toe reeds vir sowat vier jaar braak gelê.

Die ministerie het toe aangedui die projek was steeds lewensvatbaar en sal voortgaan soos beplan. Dit ondanks die feit dat ander, insluitend oorlogsveterane, gesê het daar was geen behoefte vir so 'n projek nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!