Staatsamptenare kry 5%-verhoging
Elizabeth //Kheibes – Die sekretaris-generaal van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), Petrus Nevonga, het Donderdag aangekondig dat staatsamptenare ’n salarisverhoging van 5%, wat in April 2024 in werking tree, vir die 2023-’24-boekjaar sal ontvang.
Hy het gesê die onderhandelinge is aangespoor deur die onvermoë van staatsamptenare om hul lewensgehalte op hul huidige salarisse te handhaaf, asook hul onvermoë om vir huislenings te kwalifiseer.
Onderhandelinge het tussen die regering, Napwu en die Nasionale Onderwysersunie van Namibië (Nantu) plaasgevind.
“Die twee vakbonde het in Februarie voorstelle by die regering ingedien oor die verbetering van staatsamptenare se salarisse en ander voordele vir onderskeidelik die boekjare 2023-’24 en 2024-’25, met inagneming van die lewensomstandighede van staatsamptenare en die heersende ekonomiese situasie in die land,” het die kabinet se sekretaris, George Simataa, tydens die aankondiging gesê.
Hy het bygevoeg die ooreenkoms kom tydens moeilike ekonomiese tye, maar is “getuienis van gemeenskaplike begrip en toewyding”.
NIE BEKOMMERD NIE
Vroeër vanjaar het staatsamptenare ’n algehele salarisverhoging van 8% geëis, asook ’n verhoging van 20% in behuisingstoelae vir diegene onder bestuursvlak, ’n 8%-verhoging in behuisingstoelae vir diegene op bestuursvlak, ’n verhoging in kilometertariewe na N$7 per kilometer en ’n verhoging van 20% in vervoertoelae vir diegene onder bestuursvlak vir die 2023-’24-boekjaar.
Staatsamptenare se behuisingstoelae sal nou met 20% styg, en vervoertoelae vir personeellede onder bestuursvlak, en sal in April 2023 in werking tree.
Dit beteken die uitstaande geld is terugwerkend (back pay) en sal in 2024 uitbetaal word, volgens Nevonga.
Personeel op bestuursvlak sal ’n verhoging van 8% in vervoertoelae ontvang. Personeellede op vlak 15 en 14 sal ’n verhoging van N$600 per maand ontvang en personeellede op vlak 13 to 1 se basiese salaris sal met 5% styg, vanaf April 2024.
Simataa het verder gesê die regering is nie bekommerd oor die gevolge wat hierdie besluite op die loonrekening sal hê nie, maar sien eerder uit na staatsamptenare se verbeterde lewensgehalte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie