Staatsbegrafnisse kos meer as N$2 miljoen
Eerste minister se kantoor behaal suksesse
Verlede jaar se onafhanklikheidsvieringe in Swakopmund het die regering net meer as 'n miljoen dollar uit die sak gejaag.
Ellanie Smit - Die regering het byna N$2,1 miljoen aan 23 staatsbegrafnisse tydens die 2022-’23-finansiële jaar bestee.
Die adjunk- eerste minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê die kantoor van die eerste minister het meer as N$4,8 miljoen aan staatsgeleenthede bestee, wat staatsbegrafnisse insluit.
Verlede jaar se 32ste onafhanklikheidsvieringe in Swakopmund het net meer as ’n miljoen dollar gekos, terwyl die herdenking van Heldedag op Mariental die regering meer as N$1,8 miljoen uit die sak gejaag het.
Nandi-Ndaitwah was aan die woord tydens die motivering van die begrotingstoekenning vir die eerste minister se kantoor wat sowat N$478 miljoen ontvang het. Die begroting vir die 2022-’23-finansiële jaar was effens meer as N$400 miljoen, terwyl die uitgawes net meer as N$328 miljoen beloop het.
Suksesse vir die finansiële jaar sluit in die koördinering van droogteverligting in die Kunene en dele van Omusati en Erongo, insluitend voedselhulp en watervoorsiening aan gemeenskappe.
Meer as 56 000 huishoudings is bygestaan met droogteverligting teen ’n koste van N$67 miljoen. Dit sluit 35 002 huishoudings in die Kunene in, 6 185 in Erongo en 15 620 in Omusati.
Ná die swaar reëns in Januarie in Angola, het vloede in sommige dele van Ohangwena, Oshana en Omusati verskeie gemeenskappe in die streke negatief geraak.
Volgens Nandi-Ndaitwah is 362 huishoudings in Ohangwena en 86 in Oshana geraak, met onderskeidelik 93 en 52 in die twee streke wat steeds in tydelike hervestigingsgeriewe gehuisves word. Ondersteuning vir die geraakte gemeenskappe sluit in tydelike huisvesting, voedselhulp en mediese sorg. Skole wat geraak is, het intussen weer heropen.
In Omaheke en Otjozondjupa het die regering kragte saamgesnoer met die Shack Dwellers Federation of Namibia om behuising te verskaf aan 20 huishoudings wie se huise in Desember 2021 deur ’n windstorm verwoes is.
Die totale koste van dié 20 huise was meer as N$1,2 miljoen, met die konstruksie van die huise wat in April vanjaar voltooi sal wees. ’n Bykomende N$115 000 is deur vismaatskappye bygedra.
As deel van die kantoor se programme vir kapasiteitsbou, is 45 vakante poste tydens die betrokke finansiële jaar gevul.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie