FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Staatsvoertuie 'stukkend en oud'

Instandhouding is duur
By die meeste regeringsgarages sit die meerderheid van die opgeleide personeel en duime rol aangesien daar geen onderdele is om die stukkende voertuie te herstel nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Erg verouderde vloot met sommige voertuie wat 20 jaar en ouer is, ongebruikte staatsvoertuie wat vir maande en jare by werkswinkels stof opgaar weens ’n gebrek aan onderdele en geldige lisensies, met die verkryging van iets so klein soos ’n gloeilampie wat, as jy gelukkig is, tot ses maande kan neem om uiteindelik op te daag.

Dit is die verwoestende impak volgens ’n spesiale komitee, wat ’n moratorium op die aankoop van enige staatsvoertuie op die bestaande “ou en oorgebruikte” vloot gehad het.

Die moratorium op die regeringsvloot wat op 1 Februarie 2018 uitgereik is, se doel was om aankope van voertuie te beperk as deel van besparingsmaatreëls.

’n Voorbeeld van die impak is die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se direktoraat vir gesondheid in die Zambezi wat tans net vier ambulanse het vergeleke die 15 in 2016 wat in ’n lopende toestand was. Dit maak dit bykans haas onmoontlik om op dringende verwysings van verskeie klinieke in die streek te reageer.

Die jaarlikse bespuitingsprogram teen malaria, sowel as immuniseringsprogramme in die streek moes ook noodgedwonge weens ’n ernstige tekort aan voertuie laat vaar word.

'VLOOT ONBETROUBAAR'

Die nasionale raad se staande komitee oor vervoer, infrastruktuur en behuising, sê in ’n verslag die huidige vloot is onbetroubaar en duur om in stand te hou. Dit veroorsaak dat voertuie by regeringsgarages geparkeer word waar die werkswinkel tot duisende of miljoene dollar se skuld ly.

Regeringskantore, ministeries, agentskappe en streekrade is dit almal eens dat die regering se werkswinkels nie ten volle toegerus is en die nodige kapasiteit het om gehalte-ondersteuningsdienste te lewer nie.

Luidens die verslag is die 11 landswye regeringsgarages sinoniem met geparkeerde stukkende voertuie weens geringe of ernstige tegniese probleme.

“Regeringsgarages kom nie hul mandaat na nie, omdat dit in ’n ekonomiese las ontaard het,” aldus die verslag.

Die komitee verwys ook na ’n swak bestuurstelsel by die werkswinkels weens die afwesigheid van die gereelde en sistematiese kapasiteitsbou om vakmanne in staat te stel om die nuutste voertuigmodelle te kan diens.

Die aflewering van goedere en ander noodsaaklikhede vanaf die werkswinkels na Windhoek word ook vertraag weens die afwesigheid van ten volle funksionerende koerierdienste. Die hulp van private voertuie wat van die streke na die hoofstad reis, word dan ten koste van werknemers ingespan.

ERGE ONSEKERHEID

Die moratorium het ook ’n beduidende impak op dienslewering en het erge onsekerheid oor amptelike reisroetines geskep.

Die sentralisering van mag in terme van aankope, onderfinansiering, die afwesigheid van ’n betroubare, funksionerende koerier en ’n gebrek aan outonomie deur regeringsgarages veroorsaak verskeie struikelblokke en belemmer die doeltreffendheid van vervoer en dienslewering.

By die meeste werkswinkels sit die meerderheid van opgeleide personeel en duime rol aangesien daar geen onderdele is om die stukkende voertuie te herstel nie. Die blaam hiervoor word voor die deur van die sentrale verkrygingstelsel geplaas wat in Windhoek is, met een persoon wat verantwoordelik is vir die 11 werkswinkels landswyd.

“Dit het die spoedige herstel van voertuie belemmer omdat die verkryging van klein onderdele soos ’n gloeilamp tussen drie tot ses maande kan neem om afgelewer te word,” lui die verslag.

Klagtes is ook aan die komitee geopper oor private werkswinkels wat hulle rekeninge laai wanneer hulle aan staatsvoertuie werk.

Die N$3,50 per kilometer vir amptelike reise is ook nie markverwant nie en voldoen nie aan die huidige vraag in verhouding tot die verhoogde pryse van basiese produkte, sowel as verblyfskoste wat verstyg het nie.

Die regering het in Januarie aangekondig hy gaan 30 Toyota Fortuners en twee Toyota Land Cruisers (V8) aankoop vir amptelike gebruik deur staatsamptenare.

Die Land Cruisers is net vir gebruik deur die eerste minister, die Speaker, die adjunk- eerste minister en oudpresidente.

Die ministerie van werke en vervoer het N$25 miljoen vir dié aankope begroot.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44%