Namibië se aangewese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Foto verskaf
Namibië se aangewese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Foto verskaf

Swapo soek radikale verandering

NNN vra partyleiers om dienslewering ’n prioriteit te maak
Die aangewese president het staatsamptenare gewaarsku dat dit nie sake soos gewoonlik sal wees wanneer sy die hoogste amp in die land beklee nie.
Mathias Haufiku
Namibië se aangewese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het ’n beroep op Swapo-lede gedoen om saam te werk tot voordeel van die land.

Dit volg nadat die finale uitslae van verlede week se verkiesing bevestig het die regerende party is net drie setels weg daarvan om vir die eerste keer sy meerderheid in die Nasionale Vergadering (NV) te verloor.

Die uitslae wat vandeesweek aangekondig is, was Swapo se swakste vertoning sedert die party in 1990 beheer oor die regering oorgeneem het.

Dit het Nandi-Ndaitwah genoop om vir ’n radikale verskuiwing te vra om die verskeie sosioëkonomiese uitdagings wat Namibiërs teister, te takel.

Die party het 26 setels in die NV tussen 2014 en 2024 verloor.

Kiesers, ontevrede oor hoë werkloosheidsyfers, armoede en hoë misdaadsyfers, het steun vir die voormalige bevrydingsbeweging in die parlementêre stemmery verminder.

“Ons is nie gelukkig om so baie setels te verloor nie, maar dit is die besluit van die mense,” het sy tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê.

Gister in ’n stampvol saal by die Gateway-sentrum het partylede in blou, rooi en wit partyliedere gesing voordat sy haar voorbereide toespraak gelewer het.

“Van nou af is dit nie meer sake soos gewoonlik nie. Ons moet ’n radikale skuif maak om die lot van ons mense aan te spreek, veral die kwesbare, minderbevoorregte gemeenskappe. Die tyd is nou om alle uitdagings sonder vrees of guns te takel.” het sy partylede gewaarsku.

“Diegene wat in die staatsdiens gaan werk, ongeag jou politieke affiliasie, die Swapo-verkiesingsmanifes is die sleutel wat ons van die mense gekry het. As jy iets anders doen, het ons in internasionale betrekkinge geleer dat jy nie ’n regering moet dien as jy nie wil nie; jy moet ’n ander mandaat gaan soek.”

Terwyl sy erken dat haar verkiesing om die land te lei die glasplafon vir Namibiese vroue gebreek het, het sy benadruk: “Ek is nie verkies omdat ek ’n vrou is nie.

“Hoewel ek erken dat ek die deur wyer oopmaak vir vroue om te volg, moet dit duidelik wees dat [ek] verkies is weens die eienskappe en vermoë om die land te lei.

“As ’n vroue-aktivis, wil ons nie met ’n kruiwa ingestoot word nie, ons moet onsself bewys. Ek is seker ons het onsself bewys, daarom die aantal vroue in leierskapsposisies wat die afgelope paar jaar toegeneem het,” het sy gesê.

Op ’n vraag wat sy gaan doen om die gety vir die party te draai, het Nandi-Ndaitwah gesê sy het verskillende gemeenskappe oraloor die land betrek om aan hul behoeftes te voldoen.

“Ons sal die vertroue van die Namibiese mense in Swapo verhoog.”

Volgens haar sal haar presidentskap gekenmerk word deur integriteit, pragmatisme, verantwoordbaarheid, inklusiwiteit en meritokrasie.

“Mense moet die leier volg. As die leier in ’n visie glo, kan joune nie anders wees nie, anders gaan ons nie slaag nie.”

Sy het Namibiërs aangemoedig om “ons instellings en ons land ernstig op te neem”. Sy het ook gesê waar daar tekortkominge is, moet ons die beste manier vind om dit te takel.

“Ná die verkiesing moet ons nou seker maak dat dit wat aan ons mense belowe is, uitgevoer word. Ons is nie die enigste spelers in die verkiesing nie.

“Daarom, namens Swapo, prys ek alle partyleiers en rolspelers, hulle het ons demokrasie laat werk. Saam moet ons voortgaan om ’n vreedsame proses te verseker soos ons voor die verkiesing gedoen het en sodat ons fokus die belange van ons mense is,” het die aangewese president gesê.

Nandi-Ndaitwah het Namibiërs die versekering gegee dat hul vertroue in Swapo en haarself nie verniet sal wees nie.

“Ons is bewus van die uitdagings wat ons mense in die gesig staar.

“Julle [kiesers] het julle toekoms in die vaardige hande van Swapo geplaas as ’n agent van sosioëkonomiese ontwikkeling.

“Die afgelope drie jaar het ons na al die 14 streke gegaan en na die gemeenskappe geluister en die dringende behoefte ten volle verstaan om op gebiede soos landbou, gesondheid, onderwys en grondhervorming te verbeter.”

#NamibiaDecides2024

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!