CONTROVERSIAL: The social grants tender is yet to be awarded.
CONTROVERSIAL: The social grants tender is yet to be awarded.

Tender sluit vir toelaes

Etlike navrae van bieërs
Epupa Investment Technology het sedert 2022 uitstel tot nou toe gekry toe hul tweede vyfjaarkontrak verstryk het.
Kenya Kambowe
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) sê alle onsekerhede wat daartoe gelei het dat die tender vir maatskaplike toelaes die afgelope twee jaar nie toegeken is nie, is uit die weg geruim.

Volgens die CPBN was die verlenging nodig omdat die bieërs talle vrae gehad het wat hy moes hanteer. Die tender sluit vandag.

Die CPBN se woordvoerder, Johanna Kambala, het gereageer op navrae oor hoekom die tender nie die afgelope twee jaar toegeken is nie. Dit het gevolglik daartoe gelei dat die huidige houer van die tender, Epupa Investment Technology, sedert 2022 uitstel tot nou gekry het toe hul tweede vyfjaarkontrak verstryk het.

Bewerings van korrupsie is gemaak en dat Epupa Investment Technology voorkeur geniet en die tender tot hul voordeel gemonopoliseer word. Laasgenoemde is nie gunstig ontvang deur diegene wat ook graag deel van dié winsgewende tender wil wees nie.

Kambala het die bewerings ontken en sê die verlengings was noodsaaklik omdat aandag gegee moes word aan bieërs se navrae en om onsekerhede te takel.

Volgens haar kon die tender ook nie vroeër toegeken word nie, omdat die sluitingsdatum vir indienings vandag is.

“Enige en al die verlengings is genoodsaak deur die behoefte om op die navrae van bieërs te reageer.

“Die rasionaal vir die doeltreffende hantering van navrae is om die bieërs tevrede te stel deur hul bekommernisse vriendskaplik te hanteer en enige risiko’s wat mag ontstaan as gevolg van onsekerheid te bestuur. Die proses is nou voltooi,” sê Kambala.

“Die tender kon nie vroeër toegeken word nie, omdat dit steeds in die mark was en met die sluitingsdatum van 23 Julie om 11:00.

“Binne vyf dae daarna volg die evaluering van die aanbiedinge deur onafhanklike evalueerders wat ingevolge artikel 9(1)(i) deur die raad aangestel is,” verduidelik Kambala.

Sy wou haar nie uitlaat oor die waarde van die tender nie.

“Die verkrygingsproses is ontwerp om mededingend te wees. Prys is die finale kriteria vir ’n besluit, nadat al die ander kriteria, soos verpligte en tegniese spesifikasies, afgehandel is.

“Die waarde van die tender kan nie bekend gemaak word terwyl dit steeds in die mark is nie, omdat dit die doel van die beginsel van mededingende verskaffing verontagsaam.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-03-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer