Theofelus jongste minister nóg

Mushelenga verantwoordelik vir internasionale betrekkinge
Die aanstellings volg ná die aanwysing van Nangolo Mbumba as Namibië se vierde president.
Henriette Lamprecht
Emma Theofelus (27) is sedert Vrydag die jongste kabinetsminister in ’n onafhanklike Namibia nadat sy amptelik as die land se minister van inligting en kommunikasietegnologie aangewys is. Theofelus het vroeër die portefeulje as adjunkminister in die ministerie beklee en wat nou deur Modestus Amutse gevul word.

John Mutorwa is adjunk- eerste minister aangewys wat hy saam met sy portefeulje as minister van werke en vervoer beklee. Die wysigings volg ná die aanwysing van Nangolo Mbumba as Namibië se vierde president in die plek van die ontslape president Hage Geingob. Mbumba het gevolglik Netumbo Nandi-Ndaitwah as visepresident aangewys. Peya Mushelenga sal voortaan amptelik as Namibië se minister van internasionale betrekkinge en samewerking diens verrig. Bogenoemde aanstellings is sedert Vrydag van krag. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!