Yvonne
Yvonne

Toelaes vir interns ondersoek

Hoë werkloosheidsyfer onder regsgegradueerdes
Die werk wat deur interns in die regsafdeling gedoen word vereis 'n hoër toelaag, sê die minister van justisie.
Jemima Beukes
Die ministerie van justisie sê die toelaag van N$2 300 per maand vir interns by die regering gaan eersdaags in ooreenstemming met huidige behoeftes hersien word.

Volgens die justisieminister, Yvonne Dausab, vereis die werk wat deur interns in die regsafdeling gedoen word ’n hoër toelaag.

Sy sê die kabinet het reeds in Junie die groen lig gegee om die finalisering van die wetsontwerp op belastingaansporings vir internskappe te bespoedig en dat skenkings deur maatskappye vir internskappe van belasting afgetrek kan word.

“Sommige van hierdie gegradueerdes is selfs bereid om sonder vergoeding te werk, maar gelukkig maak ons regeringsbeleid daarvoor voorsiening dat hulle N$2 300 per maand betaal word.

“Dit is ’n verouderde bedrag en ons sal binnekort ’n voorstel maak dat die bedrag hersien word. Die werk wat deur die interns verrig word regverdig ’n groter bedrag,” het Dausab gesê.

Die minister se opmerkings was in reaksie op die maatreëls wat die regering geneem het om die hoë werkloosheidsyfer van regsgegradueerdes te takel.

“Met die ontluikende sektore soos groen waterstof, olie en gas, kompetisie- en omgewingswette, duik geleenthede binne ons markte op en is daar ruimte om te spesialiseer. Dit bied potensiaal aan talle LLB-gegradueerdes en kan sodoende die las op Namibië verlig om regsvaardighede en -kundigheid van buurlande in te voer.

“Geleenthede moet dus geskep word vir LLB-gegradueerdes om te spesialiseer in verwante sektore waar daar ’n tekort aan kundigheid in Namibië is en wat sal help om die land soos per ons doelwitte vir Visie 2030 ’n nywerheidsnasie te maak,” het Dausab gesê.

Volgens haar het sowat 20 van die interns in die ministerie van justisie permanente poste in die ministerie gekry, terwyl die res ’n heenkome elders gevind het.

Dausab het verwys na die Arbitrasieweek wat in April in Johannesburg plaasgevind het en die Regsvereniging van Namibië (LSN) wat eersdaags die ministerie gaan nader om binne die bestaande raamwerk ’n kommersiële arbitrasiesentrum in Windhoek te vestig.

“Die vestiging van die sentrum sal help om kwessies en uitdagings op die gebied van internasionale kommersiële arbitrasie te takel wat geweldig vinnig ontwikkel.

“Die fokus sal op sleutel-inisiatiewe wees wat resolusies vir dispute in Namibië en oraloor Afrika sal vorm.

“Die besprekings sal die inisiatiewe uitlig wat die LSN glo noodsaaklik is om resolusies vir dispute in die land te verander en sodoende belegging in Namibië aanmoedig. Daar sal ‘n beduidende behoefte wees om jong regslui bloot te stel aan die veld vir kommersiële arbitrasie en die oplossing van dispute om die sentrum se doelwitte te bereik.

“Nog ’n inisiatief wat oorweeg kan word om die regsgegradueerdes in te neem, selfs in die parlement, as interns om navorsing en ander take te doen waar hul kennis relevant en nodig is,” het Dausab gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 1 vs 1 Nottingham Forest | Aston Villa 0 vs 0 Manchester United | Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Deportivo Alaves 0 vs 3 Barcelona | Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Empoli | Bologna 0 vs 0 Parma | Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A