'Veels geluk aan 'n leier, mentor en kameraad'
President Nangolo Mbumba het Namibië se tweede president, Hifikepunye Pohamba, namens die regering en die land se inwoners met sy 89ste verjaardag geluk gewens. Volgens Mbumba bly die pad wat hy gestap het en sy revolusionêre voetspore ‘n inspirasie vir die meerderheid Namibiërs.
“As Namibiërs is ons baie aan u wysheid, nederigheid en versiendheid verskuldig en wat ons in staat stel om ‘n nasie te hê wat gekenmerk word deur eenheid in diversiteit. Jy was nog altyd vir ons ‘n inspirasie en iemand op wie alle Namibiërs ongeag die omstandighede kan staatmaak. Veels geluk aan ‘n ongelooflike en inspirerende leier, mentor en kameraad,” lui Mbumba se amptelike boodskap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie