'Volgende stap - ek weet nie!' – Geingob oor vergoeding
President Hage Geingob het vandeesweek aan France 24 gesê dat hy geen benul het oor wat sy regering se standpunt is oor hoe om voort te gaan met die onderhandelinge vir vergoeding vir die Nama- en OvaHerero-volksmoord nie. Op die vraag wat die volgende stap vir die regering sou wees, het die president geantwoord: “Volgende stap, ek weet nie. Ek wag vir my termyn om te eindig,” het hy gegrap. Tydens 'n onderhoud met die Franse uitsaaier het Geingob ook gesê as Duitsland skadevergoeding betaal, moet dit gebruik word in die areas waar die volksmoord plaasgevind het, maar het kommer uitgespreek dat "sommige mense kontant wil hê sodat hulle hul politieke veldtogte en so meer kan gaan hou".
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie