Voornemende korrektiewe beamptes word getoets
Duisende word geëvalueer
Byna 16 000 uit meer as 33 000 aansoekers het die kortlys gehaal.
Die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) sê 15 867 aansoekers wat op ’n kortlys geplaas is vir 200 geadverteerde poste, moet tussen 18 en 27 Januarie vir evalueringstoetse aanmeld. Luidens ’n mediaverklaring deur die NCS het 33 259 mense vir die poste aansoek gedoen.
Die kortlys sluit kandidate in wat vir spesifieke vaardighede uitgesonder is. Wat sportvaardighede betref, is die NCS op soek na individue wat hulself reeds in netbal, sokker, atletiek en vlugbal bewys het. Hulle moet in die top-nasionale afdelings speel, of by Atletiek Namibië (AN) geregistreer wees en tussen die ouderdomme van 18 en 30 jaar wees. Musikante wat by die NCS se blaasorkes wil aansluit, moet onder die ouderdom van 35 wees om te kwalifiseer.
Vir die poste in die sport- en blaasorkes-afdelings, sowel as vragmotorbestuurders, is 420 kandidate uitgesonder. Dié wat deel van die blaasorkes wil wees, moet op 18 en 19 Januarie by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege aanmeld, terwyl aansoekers vir sport sowel as potensiële vragmotorbestuurders op 20 en 21 Januarie by die Onafhanklikheidstadion moet aanmeld.
Die res van die aansoekers en wel dié tussen die ouderdomme van 18 tot 25 jaar kom op 18 en 19 Januarie aan die beurt, terwyl dié ouer as 26 op 20 en 21 Januarie moet aanmeld. Aansoekers moet hul oorspronklike ID-dokument en ʼn gedragsertifikaat wat binne die laaste ses maande uitgereik is, saambring om outomatiese diskwalifikasie te vermy.
Dié kandidate moet op die gegewe datums by die Onafhanklikheidstadion of die Khomasdal-stadion aanmeld indien hulle in Windhoek woonagtig is. Kandidate vanaf Oshikoto, Oshana, Kunene, Ohangwena en Omusati moet op dieselfde datums by die Ruben Danger Ashipala polisie-opleidingsentrum of by die Oluno-tronk op Ondangwa se sokkervelde aanmeld. Verder moet kandidate in die Kavango-Oos- of Zambezistreek by die Divundu-tronk aanmeld, dié in //Karas moet by die Lϋderitz-tronk wees, en diegene vanaf Omaheke moet by Gobabis se tronk aanmeld. Ander kandidate vanaf //Karas en dié vanaf die Hardapstreek moet by Keetmanshoop se tronk of by die Hardap-tronk aanmeld. Die tronk op Grootfontein is waar kandidate vanaf die Otjozondjupastreek moet aanmeld terwyl kandidate ook by die Evaristus Shikongo-tronk, die tronk in Walvisbaai of Swakopmund en by die Lucius S. Mahoto-opleidingskollege in Omaruru kan aanmeld as dit nader is aan waar hulle woon.
Die volledige kortlys van al die kandidate wat vir evaluering kan aanmeld, is by die aanlyn weergawe van dié berig op Republikein se webblad beskikbaar. Kliek op die foto's om toegang tot die lyste te verkry.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie