Vrae oor visepresident se plaas is taboe, sê Speaker

Jemima Beukes
Die Speaker, prof. Peter Katjavivi, het Dinsdag me. Elma Dienda van die Popular Democratic Movement (PDM) se spreekbeurt kortgeknip toe sy vrae wou vra oor die beweerde staatsgefinansierde opgraderings en opknappings aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, se plaas.

Dienda het die adjunk- eerste minister, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, gevra om te verduidelik of mediaberigte oor die opknappings waar is, maar Katjavivi, wat duidelik geïrriteerd was, het gesê die saak is nie dringend nie.

“Nee, nee, ek gaan dit nie toelaat nie. Dit is nie dringend nie. Nee, nee, ek’s jammer. Dit is nie dringend nie,” het hy gesê.

“Dankie. Agbare lid, jy het ’n spreekbeurt gehad,” het hy Dienda stilgemaak.

Mbumba se plaas van 5 330 hektaar, Amateta, lê tussen Otjiwarongo en Otavi naby die Waterbergplato-park en die Mundulea-natuurreservaat.

Luidens onlangse mediaberigte sal belastingbetalers sowat N$660 000 opdok vir fase 2 van opknappings aan die plaas, en is dit onduidelik wat die bouwerk in totaal gaan kos.

Na bewering behels hierdie opknappings die verskuiwing van strukture en wonings op Mbumba se plaas, wat na verwagting die koste van die projek sal verhoog.

Ander opknappings sluit ook die oprigting van ‘n watertoring en tenks in, asook die installering van ’n pyp- en loodgieternetwerk, kragverbindings en elektriese werk, veiligheidsheinings, hekke en deure.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!