Vroueparlementariërs só bedreig
Jemima Beukes – ’n Onlangse studie toon minstens 42% van Namibiese vroue in die parlement het al doods- of verkragtingsdreigemente of dreigemente van fisieke geweld ontvang.
Die studie het verder aan die lig gebring dat 80% van vroue in die parlement sielkundige geweld ervaar het tydens die uitvoering van hul pligte.
Hierdie mishandeling word dikwels nie aangemeld nie omdat vroueparlementslede bang is vir vergelding of vrees dat hulle hul werk of posisies in die parlement kan verloor.
Dit is volgens ’n African Parliamentary Union (APU)-uitgawe-oorsig van November 2021, wat daarop gewys het dat 40% van vrouewetgewers seksueel geteister is en 39% intimidasie of sielkundige teistering ondervind het.
Eunice Iipinge, president van die Pan-Afrika vroue-organisasie en voormalige leier van die Swapo-vrouetak, het gesê hoewel sy nog nie seksuele teistering in die parlement ervaar of daarvan gehoor het nie, is teistering in die algemeen ’n bekommernis.
“Daar is opmerkings soos een parlementslid, wat nou oorlede is, wat eenkeer vir my gesê het: ‘Julle vroue wat julle vir geslagskwessies beywer, dit is hoekom mense julle uitstem’.
“Dit is teistering, so ek het gevoel ek moet nie te veel oor hierdie kwessies praat nie, want mense sal my uitstem. Vroue voel geteister,” het sy gesê.
SEKS IN RUIL VIR POSISIES
Intussen het nog ’n parlementslid – wat anoniem wou bly – beaam dat seksuele teistering en intimidasie in die August House plaasvind.
Sy het bygevoeg dat vroue soms verplig voel om saam met hul manskollegas te slaap in ruil vir posisies.
“Vroue is kwesbaar. Dit is die mans wat die mag het, so hulle [vroue] kan nie uitpraat nie uit vrees dat hulle hul werk sal verloor of wat met hulle kan gebeur,” het die bron gesê.
Die APU-verslag het bygevoeg mans in die parlement is die hoofoortreders in alle vorme van geweld teen vroueparlementariërs, terwyl vroue in die parlement van die politieke opposisie deur selfs meer gevaar vir hierdie tipe mishandeling in die gesig gestaar word.
Die verslag sê voorts hierdie mishandeling vind by die parlement of staatinstellings plaas, terwyl vroueparlementariërs ook op sosialemediaplatforms geteister word.
BEKOMMERNISSE
Luidens die verslag word selfs administratiewe personeellede by die parlement nie hiervan gespaar nie, en is 45% van hulle al by hul werkplek aan seksuele mishandeling deur mans in die parlement en hul manskollegas onderwerp.
Bekommernisse wat geopper is, sluit in dat vroue in die parlement en vrouepersoneellede nie oor seksuele geweld en teistering praat nie aangesien hierdie gedrag al deel van die instelling geword het. Hulle vrees ook dat hulle daarvan beskuldig sal word dat hulle die teistering en geweld uitgelok het, luidens die verslag.
“Parlementêre personeel is bewus van hul laer posisie en vrees dat hulle hul werk kan verloor of dat hul stem geïgnoreer sal word wanneer hulle ’n parlementslid of ’n persoon in ’n magsposisie konfronteer.
“Die meganismes wat in die parlement in plek is om geweld vertroulik aan te meld, klagtes in te dien en oortreders te ondersoek of sanksioneer, bestaan nie, is swak of word nie toegepas nie,” lui die verslag.
Die data toon ook dat die teikens gewoonlik ongetroude vroue uit minderheidsgroepe, diegene wat met gestremdhede leef en diegene jonger as 40 is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie