wANG
wANG

'Wang Yi-besoek ’n gulde geleentheid' - Kudumo

Jemima Beukes
Die openbare beleidsontleder Marius Kudumo glo die besoek aan Namibië deur die Chinese minister van buitelandse betrekkinge Wang Yi, bied ’n gulde geleentheid vir Namibië, afhangend hoe die land aan die onderhandelingstafel vaar.

Volgens Kudumo is dit belangrik om in ag te neem dat Wang se eerste besoek strategies beplan is, aangesien hy eerste besoek aflê aan verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah en dan president Nangolo Mbumba.

"China is baie duidelik oor sy belangstelling. Hierdie is ’n nuwe administrasie, al is dit dieselfde politieke party. Hy ontmoet eers met die verkose president. China wil verseker word dat hul belange en verhoudings in Namibië ongeskonde is. Vir Namibië hang dit af van wat ons strategiese posisie is om die lang tafel waar hulle hierdie belange soos rou materiale en ander merkwaardige geleenthede sal bespreek," het hy gesê.

Namibië speel ’n kritieke rol in die wêreld se uraanmark aangesien hy die tweede grootste verskaffer van uraan is. Die land se groot uraanmyne soos Husab en Rössing is hoofsaaklik in Chinese besit. Die Husab-uraanmyn wat bedryf word deur Swakop Uranium en 90% besit word deur China se Guangdong Nuclear Power Group, is een van China se grootste beleggings in Afrika.

Met die land se toenemende aanvraag na litium wat aangedryf word deur sy voortgesette uitgebreide mark vir elektriese voertuie, en Namibië se verhoogde verskaffing van litium, is China 'n belangrike venoot in dié kritieke minerale landskap.

“Ons is veronderstel om 'n voordeel in hierdie onderhandelinge te hê as jy in ag neem die hulpbronne wat China van Namibië. Die vraag is 'het ons 'n duidelike strategie uitgewerk? Dit is 'n gulde geleentheid vir Namibië. Let daarop dat China nie net Namibië besoek nie, hulle besoek ook ander lande. Afhangend van wat hulle bied, kan Namibië hierdie gulde geleentheid verloor. Ek sou die ministers van handel en nywerheid en myne en energie om die tafel verwag,” het Kudumo gesê.

Na afloop van sy besoek aan Namibië sal Wang op sy vierdaagse toer deur Afrika ook die Republiek van die Kongo, Tsjaad en Nigerië besoek.

Luidens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se vooruitsig vir kritieke minerale tussen 2022 en 2050, sal die aanvraag na nikkel na verwagting verdubbel. Die aanvraag na kobalt sal drie keer toeneem en die aanvraag na litium na verwagting tienmalig. Afrika suid van die Sahara is na raming in besit van bykans 30% van die volume van kritieke minerale reserwes.

Die Republiek van Kongo is verantwoordelik vir meer as 70% van kobaltproduksie wêreldwyd en ongeveer die helfte van die wêreld se reserwes.

In Julie het Africa Mining Namibië bestempel as die "volgende gebied vir litium" en gesê die land se toegang tot diepwaterhawens soos dié in Walvisbaai bied beduidende geleenthede vir die uitvoer van produkte na Chinese en Asiëse markte. China kyk tans na Nigerië en Tsjaad vir hul olie- en petroleumhulpbronne.

Tydens sy Namibiese besoek gister het Wang Yi aan die verkose president Nandi-Ndaitwah gesê China en Afrika het mekaar nog altyd vertrou, verstaan en ondersteun.

“Dit verg des te meer van ons om stewig saam te staan en samewerking oor wyer gebiede te verdiep. Ons hoop dat, deur die tradisie te handhaaf om Afrika eerste in die nuwejaar te besoek, ons die wêreld kan wys dat wat ook al gebeur in die internasionale en streeksituasie, China altyd die mees betroubare vriend van Afrika-broers en -susters sal wees — die mees betroubare vennoot van Afrikalande in hul strewe na ontwikkeling en herlewing—en die sterkste steun vir Afrika op die internasionale verhoog,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!