Werkloses ‘kan hul tot terrorisme wend’
Buitensporige hoë werkloosheidsyfer
Die regering wil toegang tot onderrig vir elke kind verseker, maar 'n wanbalans bestaan tussen werksgeleenthede en aansoekers.
Jemima Beukes
President Hage Geingob het hom gister daarvan weerhou om ’n noodtoestand oor werkloosheid in die land af te kondig, maar het wel gesê hordes gefrustreerde werklose jeugdiges kan hulle tot “terrorisme” wend om te oorleef.
Volgens hom is hy nie geneë om werkloosheid onder die jeug as ’n krisis te verklaar nie, omdat krisisbestuur ’n reusetaak is.
Tydens sy staatsrede is Geingob deur parlementslede gekonfronteer oor dié werkloosheidsyfer onder jeugdiges.
Volgens hom het die regering geslaag om te verseker elke kind het toegang tot skole, maar nou bestaan ’n erge wanbalans tussen werksgeleenthede en aansoekers. Hy het erken werkloosheid onder jeugdiges is ’n ernstige krisis.
“Ek is besorg oor die afkondiging van ’n noodtoestand, selfs al stem ek saam dis ernstige probleem.
“Die jeug ... as hulle almal gaan opstaan, het ons ’n krisis. Hulle kan vuurwapens kry; terrorisme is waarvan ek praat. Hulle kan gewerf en mislei word deur ander magte vir duistere doeleindes. Omdat hulle gefrustreerd is, kan hulle aansluit.
“Ons kan werksgeleenthede skep om die situasie te ontlont wat ons in die gesig staar,” het die staatshoof gesê.
ONDERWYSSTELSEL
Joseph Kauandenge (Nudo) het gesê dit was verkeerd om die apartheidera se sogenaamde Bantoe-onderwysstelsel in 1994 te verwerp en dat die Swapo-regering ’n growwe fout begaan het om die Cambridge-stelsel te aanvaar.
Volgens hom sluk die huidige stelsel miljarde dollar en het ’n ernstige krisis geskep wat deursyfer na die land se verwoestende werkloosheid.
“Die onderwysstelsel en krisis wat ons in die land het ... dink u (Geingob) nie, maak nie saak hoeveel miljarde ons in ons huidige stelsel pomp nie, jou regering het ’n verskriklike fout gemaak om die Bantoe-onderwysstelsel uit te faseer nie?
“Ja, daar was ’n gedeelte wat nie tot ons land bygedra het nie, maar om die hele stelsel destyds weg te gooi en ’n nuwe een in te bring, was dit nie waar ons probleme begin het nie?” het Kauandenge gevra.
Die Landless People’s Movement (LPM) se leier Bernadus Swartbooi, het vinger gewys na sommige kabinetsministers wat in hul mandaat gefaal het.
“Die ministerie van onderwys is een waar ons probleme het. Ons het hier voorgestel ons neem die graad 11-leerlinge terug skool toe, want ons het niks vir ons kinders tydens Covid-19 gedoen nie. Ons moet hulle minstens sewe of agt maande gee om weer te skryf, eerder as hom hulle net weg te gooi,” het Swartbooi gesê.
ONGELYKHEID
Geingob het in sy staatsrede gesê die fondasie wat die afgelope 33 jaar gelê is, is die vastrapplek vir ’n blinker toekoms. Hy het egter erken die land word deur ongelykheid oorskadu.
“As ’n regering is ons bewus dat die Namibiese samelewing ongelyk bly. My oorlogsverklaring teen armoede en ongelykhede toe ek in 2015 president geword het en die gevolglike doelwit om armoede in die land uit te wis, is deur dié werklikheid geïnspireer. Hierdie ideaal bly ons regering se grootste dryfveer.”
Swartbooi het aangedring op ’n antwoord waarom armoedevlakke vir die Khoisan op sowat 92%, die Kavango-gemeenskap op 68% en inwoners in die Zambezistreek op 44% staan.
“Indien alles gedoen is wat die president sê, ná al die jaar weerspieël die werklikheid op die grond ’n haglike situasie asof niks nog ooit gedoen is nie,” het Swartbooi gesê.
McHenry Venaani het Geingob ook daaraan herinner dat Namibië se jeugwerkloosheid byna 10% is, terwyl die hulpbronne van die land verkoop word aan die hoogste bieër en met Namibië wat ’n skamele 10% in die land se mynbedryf besit.
Hy het bygevoeg die styging van die rentekoerse is ’n gevolg van Namibië se buitensporige afhanklikheid van invoere, pleks daarvan dat die regering die ontwikkeling stimuleer van bedrywe wat werksgeleenthede sal skep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie