‘Wysig veteranewet om volwasse strydkinders in te sluit’
Vereniging dien klagskrif in
Die parlementêre staande komitee het glo reeds in gesprek met die ministerie getree oor die wysiging van die veteranewet.
Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regsake het aanbeveel dat die ministerie van verdediging en veteranesake die veteranewet wysig om al die kinders wat buite die land gebore is tydens die bevrydingstryd in te sluit.
Dit volg op ’n klagskrif van die Vereniging van Afhanklikes van Veterane, wat geëis het dat hierdie wysiging aangebring word om hul swaarkry te beëindig, veral dié afhanklikes wat albei hul ouers in die vryheidstryd verloor het.
Die afhanklikes het in hul klagskrif daarop gewys dat hulle jonger as 18 was toe die land onafhanklik geword het en toe die wet in werking getree het, hulle reeds ongeveer 30 jaar oud was en dus nie volgens die wet se definisie van ’n kind van veterane gekwalifiseer het nie.
Volgens die komitee se Kletus Karondo het die komitee in gesprek met die veteraneministerie oor die wysigings getree.
Hy het gesê hoewel die ministerie glo verskeie vergaderings met die gegriefde afhanklikes gehou het, het dit tot dusver geen vrugte afgewerp nie.
“[Hulle] het gesê die wet maak slegs voorsiening vir minderjariges onder 18. Daarom was dit ’n uitdaging vir die ministerie om om te sien na die behoeftes van die afhanklikes van oorlogsveterane ouer as 18.
“Die ministerie het programme ingestel deur ’n kabinetsbesluit wat daarop gemik was om die lot van die kinders van die bevrydingstryd aan te spreek, maar dit is as ongrondwetlik uitgedaag,” het die komitee gesê.
Die komitee het egter bevind dat amptenare van die ministerie geen pogings aangewend het om die uitsluiting van die kinders van veterane van die veteranewet te hersien en te ondersoek nie.
“Die komitee het geglo dat die uitsluiting van die kinders van die bevrydingstryd ’n oorsigfout van die ministerie was. Die kinders is in ballingskap gebore en sommige het as minderjariges by die bevrydingstryd aangesluit.
“Daar was geen rede hoekom hulle nie by die wet ingesluit kon word en bevoordeel kon word soos die res van die veterane wat in ballingskap was nie.”
VOORMALIGE OMBUDSMAN
In 2021 het die voormalige ombudsman en Khorixas-jeugforum die regering hof toe gesleep oor dié kabinetsbesluit dat die kinders van die bevrydingstryd in die staatsdiens aangestel moet word sonder om aan ’n werwingsproses onderhewig te wees.
Die destydse ombudsman, advokaat John Walters, het die hoërhof gevra om te verklaar die kabinet het buite sy magte opgetree en dat die besluit ongrondwetlik is.
Walters het ook geëis dat die Staatsdienskommissie, eerste minister Saara Kuugongelwa Amadhila en die sekretaris van die kabinet, George Simataa, beperk en verbied word om voort te gaan om die besluit te implementeer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie