Acacia Composites takel indringerbosse

Eg Namibiese maatskappy
Namibië met sy bekwame ambagsmanne, tonne indringerbosse en sonskyndae, was vir die maatskappy 'n voor die hand liggende keuse.
Francoise Steynberg
Acacia Composites het ’n groot mylpaal bereik met die opening van ’n eg Namibiese fabriek in Windhoek wat boonop bosindringing in die land beveg.

Produkte soos houtdekke, muurbekleding en latte word gemaak van ’n mengsel van houtvesels en ’n omgewingsvriendelike polimeer wat geskep is met behulp van herwinde hoëgehalte 25 liter-plastiekbottels.

Tydens die amptelike opening is gaste op ’n toer geneem deur die indrukwekkende moderne fabriek in 5 Von Braunstraat in Cargo City in die suidelike nywerheidsgebied.

Acacia Composites word gemaak van indringerspesies wat die natuurlike ekologie van Namibië bedreig. Die verwydering van die indringerbos beteken om die natuurlike habitat vir wild te hervestig.

Matthias Fechter, Acacia Composites se bedryfsbestuurder, het aan Agri Monitor gesê die konstruksie van die fabriek het in Maart 2023 begin, masjinerie is in Junie verlede jaar ingevoer en die masjiene was in Augustus 2023 operasioneel.

“Tussen 60% en 70% van ons groen produkte word na Duitsland uitgevoer en ons verwag om 20% na Suid-Afrika uit te voer,” het Fechter gesê.

Direkteur Heinrich Unland het gesê die hoofdoel is om die produkte na die hele Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) sowel as ander lande in Europa uit te voer.

“Ons produkte is van uitstaande hoë gehalte en kwaliteit is wat jou in besigheid hou,” het hy gesê.

Op die vraag waarom Acacia Composites Namibië gekies het om ’n fabriek te vestig, het Unland gesê: “Ons produkte is goedkoper as in Duitsland. Hulle is ’n bietjie duurder as China s’n, maar die kwaliteit is van uiterse hoë standaard.”

In Duitsland moet “goeie kwaliteit” dekke, muurbekleding en latte meer wees as net sterk, duursaam en langdurig, hulle moet ook aan streng gesertifiseerde vereistes voldoen.

Unland het gesê monsters van hul produkte is na ’n laboratorium in Duitsland gestuur vir navorsing en vir die kwaliteit om goedgekeur te word.

Acacia Composites het gekies om hul produkte in ’n vriendelike Afrikaland te vervaardig waar hulle kon help om werk te skep, vaardigheidsontwikkeling te inspireer en gemeenskappe op te hef. Vir die maatskappy was Namibië, met sy bekwame ambagsmanne, tonne indringerbosse en sonskyndae, ’n voor die hand liggende keuse.

Unland het gesê met die fabriek wat op ’n basis van 24 uur, sewe dae per week en in twee afsonderlike skofte per dag sal werk, sal meer werknemers in die toekoms aangestel word.

“As Namibia Breweries dit 24/7 kan doen, kan ons dit ook doen,” het hy gesê.

Acacia skep ’n verskeidenheid werksgeleenthede, van diegene wat herwinde plastiekbottels sorteer tot vaardige ambagsmanne.

Boonop is die vervaardigingsproses ontwerp om afval en energieverbruik tot die minimum te beperk, wat die impak op die omgewing verder verminder. Die produksieproses is CO2-neutraal en sal in die nabye toekoms 100% sonkrag-aangedrewe wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!