Agribank: Betaal lenings betyds terug
Tree met bank in gesprek
Die bank doen 'n beroep op boere wat finansiële probleme ondervind of verwag, om nie te wag totdat hul rekeninge agterstallig raak nie.
Agribank doen ’n beroep op boere om hul lenings betyds terug te betaal.
“Die bank doen ’n beroep op boere wat finansiële probleme ondervind of verwag, om nie te wag totdat hul rekeninge agterstallig raak nie,” het die uitvoerende hoof, dr. Raphael Karuaihe, in ’n verklaring gesê.
“Agribank moedig kliënte ernstig aan om proaktiewe stappe te neem en met die bank in gesprek te tree om moontlike oplossings te ondersoek, aangesien die bank daartoe verbind is om ’n voorspoedige toekoms vir al sy kliënte te verseker.”
Die bank het in Julie 2024 sy droogtehulpsubsidie ten bedrae van N$104,6 miljoen bekend gemaak.
Dit was in die vorm van ’n paaiementverligting en kwytskelding van ’n boeterente vir sy kliënte
Die paaiementverligting het kliënte geteiken wat ’n goeie reputasie het en wie se paaiemente vanaf 1 April 2024 tot 31 Maart 2025 betaalbaar is.
Agribank meen die bank speel ’n belangrike rol in die ondersteuning van boere deur finansiële oplossings te verskaf om landbougroei en volhoubaarheid aan te dryf. Gestig kragtens die Wet op Agribank van Namibië (No. 5 van 2003), verskaf die bank lenings aan individue, landboubesighede en finansiële tussengangers in beide kommunale en kommersiële boerderysektore.
Volgens die bank is sy voortgesette vermoë om landbou-ondernemings te finansier en te ondersteun afhanklik van leningterugbetalings deur sy kliënte.
“Agribank erken en waardeer dus kliënte wat hul finansiële verpligtinge betyds nakom, maar kliënte wat versuim om hul terugbetalings te doen, moet bewus wees van die gevolge van nienakoming.”
Dit sluit in om op die swartlys geplaas te word wat lei tot negatiewe kredietprofiele en wat toekomstige toegang tot finansiering kan beïnvloed. Rekeninge wat agterstallig is, word aan skuldinvorderaars oorhandig, wat lei tot moontlike regstappe. Bates wat as waarborg aangebied is, kan opgeveil word en strafrente op agterstallige skuld verhoog die totale verskuldigde bedrag.
“As ontwikkelingsbank verstaan Agribank dat boere onvoorspelbare uitdagings in die gesig staar, soos ongunstige weerstoestande en markskommelings,” verduidelik Karuaihe.
“Om kliënte in finansiële nood te ondersteun, bied die bank herskedulering van betalings om by kontantvloei aan te pas, ’n vereffeningsaanbodopsie, sowel as ondersteuning en vennootskap in die herlewing van sukkelende landboubesighede om winsgewendheid en volhoubaarheid te herstel.”
Kliënte word aangeraai om hul naaste Agribank-tak te besoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie