Boere se hoop vlam weer op by NLU Agribraai

Adjunkpresident vra vir eenheid
Die vreugdevure het die naweek hoog gebrand met die adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah wat boere tydens die droogte bemoedig het om Namibië saam op te bou.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg op Gobabis – Midde die versengende droogte en ander krisisse in die landbousektor het die NLU Agribraai op Gobabis die afgelope naweek weer hoop onder boere laat opvlam.

Die adjunkpresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, wat Vrydagaand die eregas en hoofspreker was, het ’n boodskap van hoop vir boere gebring.

“Elke mens het ’n boer drie keer ’n dag nodig. Om saam met julle boere by my eerste braaikompetisie te wees, gee vir my die versekering waarheen ons land op pad is,” het sy gesê.

Die adjunkpresident het dieselfde dag met kommunale, kommersiële en hervestigingsboere in die Omahekestreek vergader.

“Ons almal wil die Namibië bou wat ons wil hê.”

Sy sê die enigste manier om Namibië die beste plek te maak, is wanneer ons onsself kan voed en dit is deur landbou.

“Ons kan ons beesvleis in enige land verkoop – van die Europese Unie, Amerika en die Midde-Ooste. Die bal vir uitvoer is nou in ons hande om produksie te verhoog.”

Nandi-Ndaitwah sê alles is nie verlore met die droogte nie met slim en volhoubare ontwikkelingslandbou.

“As ’n regering wil ons ’n verenigde Namibië hê en alle boereverenigings moet saamwerk. Ons deel saam in die winste én verliese.”

Die goewerneur van die Omahekestreek, Pijoo Nganate, het dit beaam: “Ons almal wil die land ekonomies vorentoe vat.”

Die president van die Namibië Landbou-unie (NLU), Thinus Pretorius, stem saam: “Niemand wil ’n slegte Namibië sien nie, almal wil ’n voorspoedige land sien. Die vier landbou-unies moet saamwerk; ons lewe nie op eilande nie.”

Hy is trots daarop dat Namibië die enigste land in Afrika is wat beesvleis na die buiteland uitvoer. Die adjunkpresident sê sy het as die destydse minister van internasionale betrekkinge en samewerking ’n groot rol in die onderhandelinge gespeel om Namibiese beesvleis in die buiteland te bemark.

Pretorius sê die NLU bly uit politieke sake en die braai is nie ’n platform vir politieke agendas nie, maar die organisasie sal saam met die regering werk, ongeag watter party aan bewind is.

“Die regering is ons vennoot. ’n Voertuig het ’n bestuurder nodig en die NLU is die bestuurder in die landbousektor.”

Die adjunkpresident het erken dat dit nie ’n politieke byeenkoms is nie, “maar politiek het ’n impak op ons almal. Jy het ’n grondwetlike reg om ’n stem te hê. Gaan registreer en gaan stem.”

Pretorius het vertel dat die boerebraai-kompetisies tydens die droogte by Hochfeld in die 80’s ontstaan het sodat boere byeen kon kom en weer hoop kon kry.

Dit is presies wat die NLU Agribraai 2024 bereik het met boere wie se hoop om die braaivleisvure weer opgevlam het. Die vreugdevure het hoog gebrand en vir twee dae het boere van die droogte en arbeidskwessies oor die nasionale minimum loon vergeet. ’n Boer maak ’n plan en saam is innoverende landboustalletjies en -produkte bekyk en planne beraam om Namibië ’n voorspoedige land op landboufront te maak.

Boere staan ??ook saam en ondersteun mekaar met Wagnou Boerdery wat ’n sak voer aan elke spanlid van ’n boerevereniging geskenk het.



OOSTE WEER KAMPIOENE

Volgende jaar se NLU Agribraai gaan weer Ooste toe nadat Kalahari-Oos as die braaikampioene uit die 12 boereverenigings gekroon is, wat die kompetisie weer op Gobabis sal aanbied. Die naaswenners is Witvlei met Sonop in die derde plek.

In die kategorie vir sosiale spanne is die veeartspraktykspan van Gobabis, Beukes Vet, as die wenners uit 14 spanne aangewys. In die tweede plek is Windhoek Livestock Auctioneers en Wys jou Vleis derde.

Abenab Boerevereniging en Beukes Vet het die beste indruk geskep en spangees gehad. Kalahari-Oos en Wys jou Vleis het die beste kombuispraktyk gehandhaaf.

Die bekende sjef en organiseerder Sanet Prinsloo het al die braaispanne geloof vir die braaidisse van uitstaande gehalte wat elke jaar verbeter. Sy het geskerts dat nie een van die beoordelaars vanjaar die kos wou uitspoeg nie.

[email protected]



UITSLAE:

BOEREVERENIGINGS

BESTE VOORGEREG

1. Kalahari-Oos

2. Sonop

3. Leonardville



BESTE HOOFGEREG

1. Kalahari-Oos

2. Leonardville

3. Abenab



BESTE NAGEREG

1. Sonop

2. Witvlei

3. Kalahari-Oos



SOSIALE SPANNE

BESTE VOORGEREG

1. Beukes Vet

2. Dulux De Jager

3. Wys jou Vleis



BESTE HOOFGEREG

1. Windhoek Livestock Auctioneers

2. Dulux De Jager

3. Beukes Vet



BESTE NAGEREG

1. Boereplaas Dulux Hoepfner

2. Windhoek Livestock Auctioneers

3. Roots

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A