CCF skenk melkbokke aan Omaheke
Help met wanvoedingskrisis
Volhoubare landbou-oplossings word in hierdie baanbrekersprojek gevind wat gemeenskappe bemagtig.
Die Cheetah Conservation Fund (CCF) is aan die voorpunt van ’n baanbrekersinisiatief om wanvoeding in die Omahekestreek te bekamp en voedselsekerheid te verbeter.
In samewerking met die goewerneur van die streek, Pijoo Nganate, help CCF om volhoubare landbou-oplossings te vind, soortgelyk aan doelwitte van die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WFP) se skoolvoedingsmodel.
Die kern van hierdie inisiatief is CCF se innoverende melkbokboerderyprogram, wat reeds sy doeltreffendheid in die verbetering van voeding en die bemagtiging van plaaslike gemeenskappe bewys het.
Middel Januarie het CCF 20 Franse Alpynse melkbokooie en een rammetjie aan die goewerneur se span gelewer, wat ’n belangrike stap vorentoe was om die streek se wanvoedingskrisis te takel. Die bokke is in ’n bakkie vervoer wat deur Gobabis Toyota geborg is. Die voertuig pronk met die slagspreuk “Feeding the Region!” en ’n foto van ’n meisie met ’n melksnor, wat voeding en hoop beklemtoon.
SELFONDERHOUDEND
CCF se bydraes strek verder as melkbokke. Om hierdie poging verder te ondersteun, beplan CCF om ’n veewagterhond uit sy bekende program te verskaf om die sukses en volhoubaarheid van die melkplase te verseker. Boonop is drie kweekhuise, varke, 200 hoenders en konyne beskikbaar gestel om die streek se kapasiteit vir selfonderhoudende voedselproduksie te verbeter.
Die samewerking het in Augustus 2024 begin toe Nganate, geïnspireer deur CCF se sukses, na dr. Laurie Marker, CCF se stigter en uitvoerende direkteur, uitgereik het. Met die erkenning van die program se potensiaal om Omaheke se ernstige wanvoeding te takel, het die goewerneur ’n besoek aan CCF se hoofkantoor in September gefasiliteer.
Daar het 13 jong boere – meestal vroue – praktiese opleiding in melkboerdery ontvang. Hierdie boere staan nou gereed om plaaslike melkplase te bestuur wat vars melk na hul gemeenskappe sal bring en wanvoeding sal verminder.
Een van die inisiatief se eerste mylpale is die verskaffing van vars melk aan ’n sopkombuis op Gobabis, wat drie keer per dag maaltye aan kwesbare kinders verskaf.
Met 269 voorvalle van wanvoeding en 23 sterftes wat net van Mei tot Julie 2024 in Omaheke aangemeld is, voorsien hierdie poging in ’n kritieke behoefte. Nganate het ’n ambisieuse doelwit gestel om te verseker dat elke kind in Omaheke daagliks toegang tot ’n glas melk het.
NUWE HOOP
“Die missie is duidelik: Ons moet alles in ons vermoë doen om te verseker dat geen kind in hierdie streek honger of aan wanvoeding ly nie,” het Nganate tydens ’n onlangse besoek aan ’n plaaslike sopkombuis gesê.
“Deur hierdie vennootskap en met die ondersteuning van plaaslike boere bied ons onmiddellike verligting terwyl ons die grondslag bou vir langtermyn-, selfonderhoudende voedselproduksiestelsels by plaas Nuwe Hoop.”
Plaas Nuwe Hoop beliggaam die inisiatief se gees van vernuwing en vooruitgang.
Nganate het sy optimisme uitgespreek dat die projek soortgelyke pogings landswyd kan inspireer, Namibië se voedselsekuriteitsagenda kan bevorder en wêreldwye optrede kan beïnvloed.
“Hierdie inisiatief gaan nie net oor die verskaffing van voedsel op die kort termyn nie,” het hy beklemtoon.
“Dit gaan oor die vestiging van volhoubare stelsels wat toekomstige geslagte ondersteun. Ons werk daaraan om die hele streek te voed, plaaslike boere te bemagtig en Omaheke te posisioneer as ’n model van selfvoorsiening vir die hele land.”
Marker het die belangrikheid van samewerking beklemtoon: “Ons is geëerd oor die vennootskap met die goewerneur se kantoor in hierdie kritieke werk. Ons doelwit is nie net om onmiddellike hulp te verleen nie, maar ook om die mense van Omaheke te help om ’n toekoms te bou waar hulle selfonderhoudend is.”
Tans verskaf 28 dagsorgsentrums in Omaheke maaltye aan kwesbare kinders, met planne vir uitbreiding namate hulpbronne groei.
“Deur boere te bemagtig en gemeenskapsgedrewe voedselstelsels te bou, posisioneer hierdie inisiatief Omaheke as ’n model van selfvoorsiening vir Namibië en elders.
“CCF se rol in volhoubare landbou-innovasie bewys die diepgaande impak van die aanpassing en veerkragtigheid van bewaringspogings met menslike ontwikkeling.
Agri Monitor het einde verlede jaar die melkbokboerdery op CCF besoek waar die Dancing Goat-romery van die romerige bokmelk onder meer roomys, yogurt, verskeie kaassoorte en fudge produseer, asook kerse en seep vervaardig. Die meer as 120 bokke word twee keer per dag gemelk en elkeen lewer daagliks drie liter melk.
Die projek waar Anatoliese en Kangal-herdershonde mens-dier-konflik voorkom, is nes die melkbokke ook gewild onder kommunale boere.
Vir meer inligting oor CCF se melkbokprogram en ander inisiatiewe, besoek www.cheetah.org.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie