Geingob: ‘n Groot boom het geval (AGRI MONITOR)

Landbousektor bring hulde
Die ontlsape oudpresident word beskryf as 'n leier wat eenheid en inklusiwiteit in die boederygemeenskap gebring het.
Francoise Steynberg
Ek was nooit teleurgestel in die leierskap van president Hage Geingob nie en een van sy belangrikste mantras was inklusiwiteit.

Die was die boodskap van die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein tydens die Namibiese landbousektor se herdenkingsdiens op Rietfontein in die Otjozondjupa-streek.

“Toe Geingob in 1989 uit ballingskap teruggekom het Namibië toe, was daar erge onsekerheid, verdeeldheid en vyandigheid in die boederygemeenskap en hy was deel van die proses van eenheid in landbousektor,” het Schlettwein gesê.

“Geingob was erg gekant teen stamgebondenheid en natuurlik rassediskrimminasie. Die pynlikste element was die verlies aan waardigheid waar mense as die ‘underdog’ hanteer is. Wat ookal ons doen, ons moet gelyk wees, ons moet ons waardigheid herstel en vorentoe as ‘n verenigde nasie beweeg.”

Schlettwein sê Geingob het geweet as jy nie water en grondgebruik in die landbousektor insluit nie, is dit onsuksesvol.

“Landbou kan slegs suksesvol in die praktyk wees as daar water en grond is, maar dit is die kommoditeite. Mense is boere, nie masjinerie nie, en hulle moet in vrede kan saamleef om suksesvol te wees,” het Schlettwein gesê.

Schlettwein erken daar was moeilike tye waartydens hulle verskil het, “maar die volgende dag het hy verstaan jy kan slegs vooruitgang maak as daar ‘n oplossing is”.

Die landbouminister sê dit was Geingob se droom om elke hervestigingsplaas ‘n moderne modelplaas te maak.

“Hy het ook die wit boederygemeenskap omhels en geglo daar moet mentors wees om kennis oor te dra. As jy hande vashou, is jy een.”

INKLUSIWITEIT

Die voorsitter van die Namibië Landbou-unie, Thinus Pretorius, het in sy huldeblyk gesê Geingob het gesê dat die president ‘n juweel vir Namibië geskep het – die Grondwet

“Hy het ons geleer om eerder inklusief as ekslusief te wees en te praat, eerder as om te baklei. Hy het ons geleer om niemand agterweë te laat nie. Hy was ‘n diplomaat. Rus in vrede, Grote.”

Die president van die Boere-unie vir Voorheen Benadeeldes (PDFU), Jeaneth Kuhanga, het gesê Geingob het geskiedkundige ongelykheid uitgewis: “Een van die kwessies wat hy getakel het was om die gemarginaliseerdes en voorheen benadeelde boere te probeer ophef.”

Michael Iyambo, boer en voormalige voorsitter van die Namibiese Akkerbouraad (NAB) sê Geingob se hartstog vir boerdery was diep ingeprent en “spesifieke dinge soos stamgebondenheid het oom Hage geïrriteer”.

Hubertus Hamm, voorsitter van die NAB, sê Namibië het nie net ‘n ware leier verloor nie, maar ook ‘n boer.

“Hy was a standvastige ondersteuner van die akkerbouer en voedselsekuriteit. Geingob se pogings het letterlik vrugte gedra in die akker- en tuinbou-sektor met die belangrike rol wat hy in die opening van uitvoermarkte geskep het.

“In 2023 is ‘n inkomste van N$1,7 miljard vir gewas-uitvoere ingewin. Hy het die pad uitgelê vir ‘n voorspoedige toekoms in die bedryf.”

WATER

Abraham Nehemiah, die uitvoerende hoof van NamWater, het Geingob se toewyding tot waterhulpbronbestuur en -voorsiening op nasionale en internasionale vlak geprys.

“Hy het geglo water en sanitasie is ‘n basiese mensereg en sy prioriteit was om landelike waterstrukture te bou. Die ontsoutingsaanleg in die Erongostreek en Neckartaldam is in sy presidentstermyn voltooi.”

Hy sê Geingob het waterbeleggings in Afrika bevorder en vennootskappe met die Afrika Ontwikkelingsbank gesluit.

“Hy was ‘n prominente kampvegter vir oorgrenswaterkwessies.”

Nehemia het beklemtoon dat Namibiërs ons waterhulpbronne moet bewaar.

Die uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Ndiyakupi Nghituwamata, het beaam dat Geingob ‘n visionêre leier tydens moeilike landbou-uitdagings soos droogtes was met miljarde dollar wat hy in waterprojekte laat belê het.

Die uitvoerende hoof van die Lewendehawe en Lewendehaweprodukte Raad van Namibië (LLPBN), Paul Strydom, sê Geingob het verseker dat Namibië ‘n vreedsame land met ‘n stabiele ekonomie is.

“Ons kan trots wees op sy buitengewone bydrae tot moontlik die beste Grondwet in die wêreld.”

GROND

Ingenesia Murangi van die Omaheke Kommmunale Grondraad, sê die grondkwessie moet versigtig hanteer en mense moet na hul grond kyk.

“Sonder grond kan jy niks doen nie. Mense wil grond registreer én grond gryp, maar die kommunale grondrade sorg dat dit reg geskied.”

Murangi het Geingog geprys vir sy rol in hervestiging, “want baie mense het nou grond,”maar betreur dat hy nie na sy presidentstermyn ‘n voltydse boer kon word nie.

“Hy het vir ons stelselprosesse en instellings gevestig sodat sy werk voortgesit kan word en nie deur die krake val nie. Hierdie nasie is nie ‘n weeskind nie, hy het vir ons hoop agtergelaat.”

Wilhemina Handunge, die senior bedryfsbestuurder van die Landboubemarkings- en Handelsagentskap (Amta) sê Geingob, ‘n ware Afrika-reus, het geglo in volhoubare landbou en voedselproduksie en hy kon dinge uit verskillende perspektiewe verstaan. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!