Gemeenskappe betrek by renosterbewaring
Aanstelling van bewaarders groei met 340%
Volgens 'n studie is daar 'n sterk positiewe skakel tussen gemeenskappe wat finansiële voordeel uit toerismebedrywighede trek volgens hul vlakke van herbelegging in renosterbewaring.
Dit blyk die gemeenskappe wat die meeste voordeel uit hul herbelegging in die bewaring van renosters trek, toon die hoogste vlakke van rentmeesterskap oor dié diere.
Dit aldus ’n studie getiteld “From seeing to saving: How rhinoceros-based tourism in north-west Namibia strengthens local stewardship to help combat illegal hunting” wat vroeër vanjaar in die wetenskaplike joernaal Frontiers in Sustainable Tourism gepubliseer is.
Vier navorsers, waaronder Andrew Malherbe van Save the Rhino Trust, asook Piet Beytell van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme was deel van die navorsing. Tot dusver was daar egter min direkte bewyse dat toerisme as ’n soort bewaringstrategie kan dien – veral dáár waar die voordele daarvan na verwagting na landelike gemeenskappe versprei en plaaslike rentmeesterskap bevorder.
Die aantal toeriste wat ’n inkomste verskaf het deur renosters met behulp van plaaslike wildbewaarders te besigtig, het tussen 2012 en 2018 met meer as 200% gegroei. Oor dié ses jaar is meer as US$1 000 000 gegenereer.
Die inkomste is in die plaaslike gemeenskap asook die beskerming van renosters herbelê. Die aanstelling van plaaslike renosterbewaarders het met 340% binne dieselfde tydperk gegroei.
Volgens die navorsers is daar ’n sterk positiewe skakel tussen gemeenskappe wat finansiële voordeel uit toerismebedrywighede trek volgens hul vlakke van herbelegging in renosterbewaring.
Daarbenewens bestaan daar ook ’n sterk negatiewe verhouding tussen die vlakke van die onwettige jag van renosters en die vlak van bewaringsaksies, wat daarop dui dat ’n toename in plaaslike rentmeesterskap moontlik bydra tot ’n vermindering in stropingsyfers.
Die studie bied dus bewyse en lesse wat daarop dui dat toerismebedrywighede, wat versigtig ontwerp is met behulp van gemeenskapsbetrokkenheid en gevolglik hul bemagtiging, waarskynlik ’n sterk basis kan bied vir plaaslike rentmeesterskap, die beskerming van wild asook die opheffing van plaaslike gemeenskappe.
Dit kom terwyl die geleentheid om wilde diere te besigtig – veral bedreigde spesies – lank reeds ’n groot trekpleister in lande oraloor die wêreld is, en die behoefte hieraan groei voortdurend.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie