Gondwana neem jou na die Victoria-valle

Elvira Hattingh
Gondwana se nuwe vervoerdiens Namiba2Go, wat verlede week bekend gestel is, bied nou aan reisigers die geleentheid om een van die sewe wonders van die wêreld te kan aanskou - die baie bekende Victoria-valle.

Reisigers kan vroegoggend (om 07:00 en 08:00 onderskeidelik) op Gondwana se Go2 klim by die Zambezi Mubala-kamp - suid van Katima Mulilo en die Chobe River-kampeerterrein naby die Ngoma-grens. Dan volg ‘n reis tot by die valle, waarna drie ure by die wêreldbekende natuurverskynsel deurgebring word.

Reisigers sal laatnamiddag terugkeer – omstreeks 18:00 en betyds vir aandete.

Gondwana sê dié inisiatief stel reisigers in staat om net agteroor te sit terwyl die papierwerk om die grens oor te steek, namens hulle gedoen word.

Die pad na die valle loop deur die Chobe Nasionale Park, waar olifante en wildsbokke dikwels gesien kan word. Die Victoria-valle is sowat 200 km ver van hul lodges in die Zambezistreek.

Gondwana sê die Victoria-valle is ‘n “moet-sien-bestemming” in Afrika – waar die Zambezirivier meters na benede afstort. Dit vorm waterdruppels, sproei en reënboë voor die watermassa sy roete verder deur die poort voortsit.

Die valle word saam met Amerika se Grand Canyon, Australië se Great Barrier Reef en die aurora borealis geklassifiseer as een van die wêreld se grootste natuurwonders van die wêreld.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!