Hersiene voorwaardes vir veeuitvoer na SA
Verteenwoordigers van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) van Namibië het met verskeie rolspelers in die Suid-Afrikaanse veebedryf gekonsulteer oor onder meer die nuwe voorwaardes vir die uitvoer van vee na Suid-Afrika.
Hierdie maatreëls is volgens die LPO eensydig deur die Suid-Afrikaanse owerhede aangekondig sonder enige konsultasie met belanghebbendes, insluitend die Namibiese owerhede. Namibië het dus geen ander keuse as om tans aan hierdie vereistes van die invoerland te voldoen nie.
Die rede vir hierdie stap van die Suid-Afrikaanse owerhede is na alle waarskynlikheid om die genetiese integriteit van Suid-Afrika se inheemse vee te beskerm en te bewaar en teen onbeheerde kruisteling te waak, volgens die LPO.
“Die LPO wil weer sy standpunt duidelik stel dat diere wat ingevolge ’n invoerpermit vir voerkrale en abattoirs aangewys is mag onder geen omstandighede in Suid-Afrika se genetiese poel ingebring word nie. Enige instansie of persoon wat hulself hieraan skuldig maak, moet aan die kaak gestel en
vervolg word.”
Landboukenner Wallie Roux beaam dat die huidige maatreëls deur Suid-Afrika gestoomroller is soos met hul vorige invoervereistes wat tot 2015 terugdateer.
“Oorhoofs is die nuwe voorwaardes vanuit Suid-Afrika verstaanbaar. Maar die manier van toepassing hoe hulle dit gedoen het, moet weer eens bevraagteken word. Dit is veral rakende die kommunikasie met die invoerbuurlande Namibië en Botswana, in terme van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) se ooreenkoms, asook die Wereldhandelsorganisasie (WTO) se ooreenkoms,” het Roux aan Agri Monitor gesê.
Volgens hom het Suid-Afrika voorheen ook bykomende invoervereistes ingestel en dit op dieselfde manier hanteer sonder om invoerlande in Sacu in die saak te ken.
“Jy moes daarvan in die nuus gelees het. Hulle het toe ook nie met lidlande gekommunikeer of gekonsulteer nie wat totaal onaanvaarbaar is. Hierdie saak is tot op die vlak van die Sanitary and Phytosanitary (SPS)-komitee van die WTO gevoer en daar weens inmenging van polieke kant het alles afgewater.”
Roux meen wat die praktiese sy van die maatreëls behels, het Namibiese uitvoerders weer eens geen keuse as om net daaraan te voldoen nie.
“Die meeste veeuitvoere vanaf Namibië na Suid-Afrika gaan vir slagdoeleindes. Daar is ook vee wat uitgevoer word vir genetika- of stoetdoeleindes, albeit daar is ’n papierspoor vanaf nageslag tot huidige potensiaal om genetika in Suid-Afrika te verbeter. Die probleem lê egter by die vee wat vir slagdoeleindes uitgevoer word. Met dié wat direk na slagpales gery word, is daar origens geen probleem,” verduidelik Roux.
“Die kontroleprobleem lê by diere wat na voerkrale toe gaan, veral speenkalwers. Die kliënt in Suid-Afrika moet kan waarborg dat die dier uit die voerkraal direk na ’n abattoir gaan en nie na ’n produsent vir teeldoeleindes nie.”
Roux noem dat Suid-Afrika ’n netto invoerder van rooivleis is, veral vanaf Namibië vir verslagtings en vir hul voerkrale.
“Hulle het ons vleis nodig soos al die jare tevore. Waarom nou skielik hierdie nuwe vereistes?”
PRAKTIESE IMPLEMENTERING
Wat die praktiese implementering van die nuwe reëls betref, is dit ’n uitgemaakte saak dat geen vee oor die Suid-Afrikaanse grens toegelaat sal word indien die permit nie vergesel word van ’n bykomende sertifikaat van die Registrateur van Veeverbetering nie, volgens die LPO.
Benewens die normale vee-identifikasiewetgewing van Namibië, is dit verpligtend om ’n tatoeëermerk met die Namibiese “N” in die linkeroor van uitvoerkleinvee sowel as die ekwivalente “N” brandmerk op uitvoerbeeste aan te bring.
Roux stem hiermee saam dat dit ten minste een kontrolemaatreël is wat Suid-Afrika sal aanvaar dat slagdiere van hier nie in hul genetiese poel sal beland nie.
Die LPO sal uitsluitsel kry oor die posisie van die brandmerk op beeste.
Voortdurende onderhandelinge vind tussen Namibië en Suid-Afrika se verskeie rolspelers vir ’n verbeterde stelsel plaas.
“Die LPO is ’n integrale deel van hierdie gesprekke en sal voortgaan met pogings om oplossings te vind.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie