Jeug kry opleiding in biomassa-sektor

Francoise Steynberg
Die Namibia Biomass Industry Group, bekend as N-BiG, het opleiding aan 210 studente van die Nasionale Jeugdiens (NYS) op die plaas Gemsbok, sowat 80 km vanaf die jeugsentrum by Reitfontein) in die Otjozondjupastreek verskaf. Die deelnemers het vanaf 4 tot 11 Februarie omvattende teoretiese en praktiese opleiding oor volhoubare bosbeheer en biomassabenutting ondergaan. Hierdie opleiding bemagtig hulle om entrepreneurskap in die biomassa-sektor te verken, Namibië se groen ekonomie te ondersteun en ’n geskoolde arbeidsmag vir die toekoms van volhoubare grondbestuur te verseker. Foto’s N-BiG

Kommentaar

Republikein 2025-02-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer