Kunsmatige beligting by watergate bestudeer
Sewe watergate by Ongava onder die loep
Die teenwoordigheid en gedrag van soogdiere by elke watergat sal met behulp van kameras en videokameras gemonitor word.
Jessy Patterson – Vroeër vanjaar het ek ’n berig geskryf oor roofdierdiëte vir een van die hoofstukke in my PhD-proefskrifte.
’n Paar weke gelede het ons met data-insameling begin vir nog een van my hoofstukke, wat fokus op die uitwerking van kunsmatige beligting op soogdiere se gedrag by watergate.
Kunsmatige watergate, wat ontwerp is om toeganklik vir toeriste te wees, verskaf noodsaaklike hulpbronne vir diere – veral tydens die droë seisoen in dorre omgewings. Dit help ook dat toeriste op safari toegang verkry tot afgeleë gebiede en help selfs om die diere te beskerm, aangesien stropery op dié manier voorkom of ontmoedig word.
Daar is egter min in die literatuur beskikbaar oor die negatiewe uitwerking wat wildbesigtigingstoerisme op die wild kan hê. Dit sluit in dat die diere aan mense gewoond raak, hul reproduktiewe gesondheid verminder, hulle hul aktiwiteite aanpas en ’n verhoging van streshormone ervaar.
Watergate in sommige beskermde gebiede in Afrika, word dikwels kunsmatig in die nag belig vir toerismedoeleindes. Dit is ook die geval by die Ongava-wildreservaat, aangesien verskeie charismatiese spesies nagdiere is.
Talle studies is reeds gedoen oor wilde diere se besoeke aan watergate, maar daar is geen studies gedoen oor die uitwerking van kunsmatige beligting op dié diere se gedrag en hul aktiwiteite nie.
In hierdie studie bestudeer ons sewe watergate op Ongava, en ons sal die gedrag van soogdiere vergelyk tussen twee watergate waar kunsmatige beligting nuut aangebring is teenoor twee donker watergate, asook drie watergate wat al lank belig word.
By twee watergate is ligte eers onlangs geïnstalleer – sonkragligte wat soortgelyk is aan die ander ligte wat reeds by die lodges geïnstalleer is.
MONITOR
Die teenwoordigheid en gedrag van soogdiere by elke watergat sal met behulp van kameras en videokameras gemonitor word.
Data word tans reeds versamel en die kameras is vanaf die begin van Augustus aktief.
Die nuwe ligte sal egter nie voor die einde van die maand aangeskakel word nie. Dit sal ons in staat stel om data gedurende ’n gekontroleerde periode te versamel. Daarna sal die ligte vanaf begin September vir ’n tydperk van twee maande aangeskakel word en daarna weer afgeskakel word.
Dit sal ons in staat stel om nie net die reaksie van diere op die nuwe lig aan te teken nie, maar ook hoe lank dit hulle neem om na hul normale gedragspatrone terug te keer, vóór die lig aangeskakel word.
Afhangende van die resultate, sal Ongava besluit of gekleurde filters op die ligte aangebring moet word en diere se gedrag ook onder die gekleurde lig bestudeer moet word. Daar word byvoorbeeld geglo dat rooi ligte minder ontwrigtend as wit ligte is.
Ons stel ook daarin belang om ligte byvoorbeeld teen middernag af te skakel om te sien of dit die gedrag van diere raak. Die resultate van die studie sal volgende jaar beskikbaar wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie