Langnekke op “langste nag” gevier
Wêrelddag vir Kameelperde is op 21 Junie gevier ter bewusmaking van die feit dat dié dier uitsterwing in Afrika in die gesig staar. Kameelperde het reeds in sewe Afrikalande uitgesterf. Buiten Niger, het Namibië die enigste toenemende kameelperdbevolking op dié vasteland. In 2014 het die Kameelperd-bewaringstigting reeds 21 Junie as ’n geskikte herdenkingsdag geïdentifiseer, aangesien dit die langste nag en die korste dag in die Suidelike Halfrond is. Ondersteuning vir die veldtog is belangrik omdat kameelperdgetalle die afgelope 15 jaar op die Afrika-vasteland met 40% afgeneem het. Die stigting sê dit het tans – meer as ooit tevore – hulp nodig om bewusmaking oor die kwynende getalle van dié ikoniese dier te skep. Foto argief
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie