Moenie twak vat

Wet op Tabakprodukte (Deel I)
Geen vervaardiger, invoerder, verspreider of kleinhandelaar van tabakprodukte mag enige georganiseerde aktiwiteit in Namibië organiseer of bevorder nie of enige finansiële bydrae daartoe of aan 'n persoon maak wat dit organiseer of bevorder of daaraan deelneem nie.
Francoise Steynberg
Adv. Peet Harmse – Baie rolspelers in die landbousektor bedryf ook gaste- en jagplase en dit is noodsaaklik dat die bepalings van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte van 2010 nagekom moet word.

Tabakproduk word in die wet omskryf as ’n produk wat tabak bevat, bedoel is vir menslike verbruik en sluit in, maar is nie beperk nie, tot enige toestel, pyp, waterpyp, papiere, buise, filters, tabaksakke of soortgelyk voorwerpe vervaardig vir die verbruik van tabak.

Volgens die lang titel van die wet is die doeleindes daarvan om:

– ’n Tabakprodukte-beheerkomitee in te stel wat die minister verantwoordelik vir gesondheid moet adviseer oor die gebruik van tabakprodukte en ook voorsiening te maak vir die samestelling, bevoegdhede, funksies en pligte van die komitee; en

– voorsiening te maak vir:

? die vermindering van die drang na en voorsiening van tabakprodukte;

? beskerming teen blootstelling aan tabakrook;

? die instelling van die Tabakproduktebeheerfonds; en

? aangeleenthede met betrekking tot die toepassing van die wet.

Bykomend tot enige ander bevoegdhede en funksies verleen aan die komitee het dit die volgende bevoegdhede, funksies en pligte, om:

– aanbevelings te maak aan die minister oor die toepassing van die wet, enige wysiging van die wet en die maak van regulasies;

– die minister te adviseer oor die funksies en pligte wat verrig moet word kragtens die wet en oor aangeleenthede wat die minister na die komitee verwys;

– ondersoek in te stel na en die minister te adviseer oor aangeleenthede betreffende die beheer van tabakprodukte in Namibië;

– navorsing te doen oor aangeleenthede verwys na die komitee deur die minister;

– die minister en die uitvoerende direkteur te adviseer oor die administrasie van die fonds;

– op eie inisiatief of op versoek van die minister met hom of haar te konsulteer oor enige aangeleentheid rakende die beheer van tabakprodukte in Namibië;

– ‘n omvattende openbare bewusmakingsprogram te ontwikkel oor die gesondheidsgevare

en negatiewe ekonomiese en omgewingsuitkomste van die gebruik van tabakprodukte; en

– enige ander funksies en pligte te verrig wat deur die minister opgedra is.



ADVERTENSIE, BORGSKAP EN PROMOSIE

Geen persoon mag enige advertensie betreffende die gebruik van tabakprodukte publiseer,

uitstal of uitsaai nie, insluitende die gebruik van tabakhandelsmerke, logo’s, produkname of

maatskappyname op tabakprodukte, of dit gebruik vir die advertering van enige organisasie,

diensaktiwiteit of gebeurtenis nie.

Geen vervaardiger, invoerder, verspreider of kleinhandelaar van tabakprodukte mag enige georganiseerde aktiwiteit in Namibië organiseer of bevorder nie of enige finansiële bydrae daartoe of aan ’n persoon maak wat dit organiseer of bevorder of daaraan deelneem nie.

Georganiseerde aktiwiteit word in die wet omskryf as enige aktiwiteit of gebeurtenis:

– wat ’n lid van die publiek bywoon of waaraan hy of sy deelneem; wat georganiseer word vir vermaaklikheid, sport, ontspanning, opvoedkundige of kulturele doeleindes; en

– waar ’n tabakproduk, produk-element of besigheidsnaam van ’n tabakvervaardiger gebruik

word in die naam of beskrywing of afbeelding van die aktiwiteit of gebeurtenis.

So ook mag geen replika-speelding of lekkergoed-tabakproduk verkoop of uitgestal word by

enige klein- of groothandelsverkooppunt of enige ander plek waar besigheid gedoen word nie.

Boetes van tot N$200 000 of gevangenisstraf van tot 10 jaar kan opgelê word vir die oortreding van die bepalings oor advertensies, borgskappe en verkoop van lekkergoed-tabakprodukte.



VERMINDERING VAN VRAAG NA TABAKPRODUKTE

Ander bepalings wat verband hou met ’n vermindering van die vraag na tabakprodukte

handel oor:

– die verpakking en etikettering op die voorgeskrewe manier van tabakprodukte wat

verkoop of ingevoer word en in ’n houer is.

– die vereistes dat die hoeveelhede van die bestanddele wat aanwesig is in ’n betrokke

tabakproduk vermeld word op die verpakking.

Bepalings wat verband hou met die vermindering van die voorsiening van tabakprodukte is:

– maatreëls om onwettige handel in tabakprodukte te voorkom;

– ‘n verbod op die verkoop of voorsiening van tabakprodukte aan persone jonger as 18 jaar of

die gebruik van sodanige persone om tabak te verkoop;

– ’n verbod op die gratis verspreiding of teen ’n verminderde prys anders as ’n gewone

handelsafslag van die voorsiening van tabakprodukte en die gee van tabakprodukte as pryse in ’n kompetisie; en

– beperkings op die gebruik van verkoopoutomate vir die verkoop van tabakprodukte.



STANDAARDE

Alle vervaardigers van tabakprodukte moet voldoen aan die standaarde by regulasie

voorgeskryf, ongeag of die produkte bedoel is vir uitvoer of nie en moet sekere inligting soos

voorgeskryf oor die produkte en die afskeidings daarvan aan die minister voorlê.

*Deel II oor die Wet op Tabakprodukte word in Agri Monitor van 17 Desember gepubliseer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!