NLU verwelkom paaiementverligting vir produsente

Francoise Steynberg
Die Namibië Landbou-unie (NLU) verwelkom die aankondiging van die Bank of Namibia (BoN) dat regulatoriese maatreëls gewysig behoort te word ten einde banke in staat te stel om verligting aan produsente te verskaf wat deur die voortslepende droogte geraak word.

Die NLU beklemtoon landbou in Namibië was lanklaas in so ’n ekonomiese knyptang soos tans: "Terwyl insetkoste met meer as 60% gestyg het oor die laaste sewe jaar, het speenkalfpryse gedaal en is speenkalfpryse basies dieselfde as sewe jaar gelede," lui die NLU se jongste nuusbrief.

"Die droë siklus wat reeds aan en af sedert 2013 voorkom, plaas bykomende druk op reeds moeilike produksie-omstandighede. Droëland-mielieprodusente het drie swak oeste agtereenvolgens ervaar."

Die NLU voeg by dat die Hardapskema by Mariental se besproeiingsprodusente geen inkomste sal kan genereer vir ten minste die volgende 12 maande nie. Vir die eerste keer in die geskiedenis is die krane van die Hardapdam Donderdag vir besproeiing toegedraai weens die dam se laagste vlak van 6,3% ooit.

"Dit plaas geweldige finansiële druk op produsente. Produsente word aangemoedig om met hul onderskeie banke in gesprek te tree om van hierdie verligtingsmaatreëls gebruik te maak," versoek die NLU. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!