No Image Caption

Omaere langs die pad gewild

Limba Mupetami
Seun, ’n plaaswerker, verkoop heerlike en romerige omaere op die Tsumeb-Otavi-pad sowat 30 kilometer buite Tsumeb. ’n Tweeliter-bottel tradisionele dikmelk kos N$50. Seun sê sy werkgewer maak die omaere op die plaas en hy verkoop dit. Seun, wat nie sy van wou verskaf nie, begin die dikmelk teen 08:00 langs die pad uit ’n koeltrok verkoop en teen 11:00 is dit gewoonlik uitverkoop. Foto Limba Mupetami

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer