Rekords toon Namibië se reënvalsyfers daal
Land word al hoe warmer
Navorsers meen die daling in die gemiddelde reënsyfers is weens stygende temperature, wat tot groter verdamping lei en vir meer gereelde kwaai droogtes, maar ook ernstige vloede in Namibië sorg.
Reënvalpatrone in Namibië wat vanaf 1902 tot 2018 in vyf Namibiese dorpe deur die meteorologiese dienste van Namibië bygehou word, toon dat die gemiddelde reënsyfers oor die algemeen daal – met die uitsondering van die hoofstad en Lüderitz.
Terwyl rekords toon dat Rundu se gemiddelde reënsyfers oor 81 jaar – tussen 1938 en 2018 – met 95,5 mm gedaal het, kry Windhoek gemiddeld nou 71,2 mm méér reën per jaar as 105 jaar gelede.
Lüderitz kry ook ’n rapsie meer reën as in 1913 – gemiddeld sowat 0,5 mm per jaar.
Vir die res van die land het reënvalsyfers ook gedaal, met Ondangwa se gemiddeld wat tussen 1902 tot 2019 (117 jaar) met sowat 67,4 mm afgeneem het.
Keetmanshoop kry ook nou gemiddeld 29,4 mm minder reën as 116 jaar gelede in 1903, toon reënrekords.
Navorsers meen die daling in die gemiddelde reënsyfers is weens stygende temperature, wat tot groter verdamping lei en vir meer gereelde kwaai droogtes, maar ook ernstige vloede in Namibië sorg.
Die inligting is vervat in handige plakkate wat deur deelnemers van die Gobabeb se Climate Action for Millennials Programme (Camp) ontwikkel is as inligtingstukke vir gemeenskappe.
Die eerste Camp-deelnemers het in Januarie verlede jaar bymekaargekom om intensiewe, wetenskapsgebaseerde opleiding te ontvang oor klimaatsveranderingkwessies en die oorsake, asook die gevolge daarvan – wêreldwyd, maar ook plaaslik.
In die proses is vier plakkate ontwikkel – naamlik een wat wys dat alle hoop nie verlore is as gevolg van klimaatsverandering nie, maar ook die plaaslike impak daarvan op temperature en reënpatrone aandui. ’n Vierde plakkaat wys hoe daar aangepas en veranderinge gemaak kan word.
Dit is gedoen met die ondersteuning van die Verenigde Nasies (VN) se Ontwikkelingsprogram (UNDP) asook die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme.
TEMPERATUUR
Namibië word ook beslis al hoe warmer.
Volgens data wat tussen 1960 en 2017 van die hoofstad se temperature bygehou word, het die gemiddelde minimum temperatuur oor die 57 jaar met 1,9 °C toegeneem. Oor dieselfde tydperk het die gemiddelde maksimum temperatuur met 2 °C gestyg.
Dit is meer as die globale gemiddelde temperatuur wat met sowat 1°C sedert 1900 toegeneem het. Dit blyk dat die groeiende hitte oraloor Namibië ’n werklikheid is.
Volgens rekords tussen 2003 en 2019, het Ondangwa se gemiddelde minimum temperatuur ook met 1,5 °C toegeneem, en die gemiddelde maksimum temperatuur met 1,9 °C.
Op Rundu is dieselfde tendense te sien. Rekords oor 32 jaar toon dat die dorp se gemiddelde minimum temperatuur sedert 1985 met 1,8 °C toegeneem het, en die gemiddelde maksimum temperatuur met 0,6 °C.
Lüderitz se gemiddelde minimum en maksimum temperature het tussen 1960 en die jaar 2000 met onderskeidelik 0,9 °C en 1,4 °C toegeneem, terwyl Keetmanshoop se temperature oor 49 jaar van 1970 tot 2019 ook geweldig gestyg het. Dié Suidedorp se gemiddelde minimum temperatuur het met 2,7 °C oor die tydperk toegeneem, en die gemiddelde maksimum temperatuur met 2,8 °C.
Hoër minimum temperature beteken winters sal warmer wees, insekte se lewensiklusse verander en siektes kan uitbreek. Verhoogde maksimum temperature kan tot dehidrasie, vrektes onder plante en verminderde produktiwiteit lei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie