Die kaarte behoort soos ‘n verkeerslig gebruik te word: As ‘n gebied rooi bly soos die reënseisoen vorder, behoort die ‘rooi ligte’ aan te kom vir die moontlikheid op ondergemiddelde voerproduksie. As ‘n gebied vir die groter deel van die seisoen groen bly, is die kans die beste vir bogemiddelde voerproduksie. Verskillende scenario’s kan ook ontwikkel waar ‘n gebied die seisoen in rooi begin, maar naderhand groen raak, of andersom. Die kaarte word deur Agri-Ecological Services uitgereik.
Die kaarte behoort soos ‘n verkeerslig gebruik te word: As ‘n gebied rooi bly soos die reënseisoen vorder, behoort die ‘rooi ligte’ aan te kom vir die moontlikheid op ondergemiddelde voerproduksie. As ‘n gebied vir die groter deel van die seisoen groen bly, is die kans die beste vir bogemiddelde voerproduksie. Verskillende scenario’s kan ook ontwikkel waar ‘n gebied die seisoen in rooi begin, maar naderhand groen raak, of andersom. Die kaarte word deur Agri-Ecological Services uitgereik.

Rooi ligte vir weiding in Suide, Weste

Sentrale gebied verbeter in Februarie
Gebiede in die suide en weste van die land behoort fyn dopgehou te word, want hier is plantegroei tans ver ondergemiddeld.
Elvira Hattingh
Dr. Cornelis van der Waal - Terwyl plantegroei in sentrale dele van die land in Februarie verbeter het, het dit gedurende dié maand in baie ander dele van die land agteruitgang getoon.

Veral gebiede in die Suide en Weste behoort dopgehou te word, want hier is plantegroei ver ondergemiddeld. Sou die res van die reënseisoen egter beter vaar, behoort die weiding dienooreenkomstig meer gunstig te reageer.

Weiding in die ooste en noordooste van die land blyk gemiddeld tot ietwat ondergemiddeld te vaar.

Gebiede waar plantegroei ondergemiddeld was, sluit in die Hardap- en ||Kharasstreek, die suidelike en oostelike Omahekestreek, die westelike dele van die Ohangwena- en Kavango-Oosstreek, die oostelike Zambezi asook die westelike dele van die Kunene- en Erongostreek.

Die gebiede wat tans die ergste daaraan toe is, is die sentrale ||Kharas- en dele van die westelike Kunenestreek.



HOEKOM BELANGRIK?

Veeproduksie in Namibië is grootliks van die produktiwiteit van weivelde afhanklik, wat tot baie lae vlakke gedurende erge droogtes kan daal.

Die wisselvalligheid bied ernstige bestuursuitdagings om diere se voedingsbehoeftes te balanseer met die beskikbare weiding, asook om die agteruitgang van die grond te voorkom.

Dié inligting kan aandui watter dele van die land moontlik die meeste deur droogte geraak kan word as dit aan die einde van die reënseisoen kom. Dit gee ook voldoende tyd om droogtehulpaksies te beplan.



HOE WERK DIT?

Die sleutelkomponent van die vroeë waarskuwingstelsel is afstandwaarnemingstegnologie wat vrylik beskikbaar is en, naby aan ware tyd, die aktiewe plantegroei oor die hele Namibië heen meet.

Deur die huidige plantegroei-aktiwiteit met die gemiddeld oor tien jaar vir een spesifieke gebied te vergelyk, kan ’n objektiewe idee van die status van die weiding verkry word.

Kaarte wat die weidingstatus uitbeeld, word elke tien dae gedurende die reënseisoen (Oktober tot einde Mei) geskep en is aanlyn beskikbaar by http://www.namibiarangelands.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!